WAT ELKEEN VAN

DIE OU APOSTELKERK

MOET WEET!

As ‘n mens die naam “Apostolies” hoor, moet ‘n mens duidelik onderskei tussen die Apostoliese Geloofsending wat ‘n Christelike en ‘n charismatiese Kerk is en die Apostelkerke (Ou- en Nuwe) wat nie-Christelike kerke is. Laasgenoemde twee groepe glo nog aan die voortsetting van die Apostelamp. Wie iets wil weet van hierdie groep, wil na hul kategismus gaan. Die Kategismus is egter baie kort en handel hoofsaaklik oor die wese van die Apostelamp. In die voorwoord word die leser egter voorberei dat as al sy vrae dalk nie in die Kategismusb eantwoord word nie, dit is omdat “die leerstelling van Die Ou Apostoliese Kerk te omvattend is om in skrif uiteengesit te word.” Die teologie van hierdie groep is dus grotendeels nie op skrif te vinde nie, maar in mondelinge oorleweringe, hul gesangeboek en in die variërende praktyk van gemeentes en gemeentelede. Dit is wat dit baie moeilik maak om dié groep na te vors.

ONTSTAAN.

Die stigter was die Skotse prediker, Edward Irving (gebore in 1792). Hy het vurig gepreek dat die einde van die wêreld naby is en dat die Kerk swaar gesondig het deur nie al die ampte van Efes. 4:11 in te stel nie – veral ook die Apostelamp. Hierdie amp moes gou herstel word, voor die wederkoms, sodat die apostel die gelowiges kon verseël tot saligheid. In 1835 vind die wyding en afsonderingv an die eerste 12 apostels plaas. Die kerk brei uit na Europa – veral na Duitsland. In 1865 vind daar ‘n afsplintering plaas oor die vraag of daar meer as 12 apostels benoem kan word. Hulle word genoem die Nuwe Apostoliese kerk.

Hierdie Nuwe Apostoliese Kerk sit in 1892 voet aan wal in die Kaap in die persoon van Evangelis Klibbe en hy vestig die Kerk hier. Klibbe is egter vir ‘n vergadering na Duitsland. In sy afwesigheid neem ene Schlaphoff tydelik waar. Die boot waarmee Klibbe sou gaan, het egter vergaan. Schlaphoff het gemeen dat Klibbe in die ramp oorlede is. Klibbe het egter met ‘n ander boot vertrek as wat gemeen is. Toe Klibbe dus terugkeer, weier Schlaphoff om van sy apostelskap afstand te doen, o.a. a.g.v. finansiële voordele van die amp.

Dit lei na ‘n hofsaak (1926). ‘n Skeuring vind plaas en ‘n nuwe kerk kom tot stand. Die regter bepaal dat die naam die Ou Apostelkerk sal wees met Klibbe as die apostel. Die Ou Apostelkerk is dus ‘n latere afsplintering en die Nuwe Apostelkerk is die oorspronklike kerk. Behalwe vir sekondêrev erskille, is die twee kerke vandag nog baie dieselfde maar baie vyandig teenoor mekaar.

DIE AMPTE.

Hulle het sewe ampte w.o. in volgorde: onder-diaken, priester, oudste, profeet, opsiener, evangelis, apostel. Die leraarsamp is afgeskaf. Verder is ‘n aantal nie-Bybelse ampte bygevoeg soos onderdiaken en oudste. In die plaaslike gemeente is dit veral die oudste wat in samewerking met die priester die ampsdraers kies. Geen ampsdraer kry Teologiese opleiding nie.

Die ampsdraers word ook nie betaal deur die kerk nie omdat hulle glo dat die evangelie vry

verkondig moet word (vgl. 1 Kor.9:14). Om die rede is al hul amptenare in siviele werke. Die

enigste uitsondering hier is die apostel wat finansieel baie goed versorg word en luukse voordele geniet. Hulle verwerp ook die titels ‘pastoor’ en ‘dominee’ as onbybelse benaminge.

Die totale struktuur van die kerk is outoritêr van aard. In orde van belangrikheid oorheers die een amp die volgende amp. Die persoon wat baie verwerping ervaar het, soos bv. die weeshuis kind, ervaar aanvaarding hier. Die status en magsposisie gee sulke mense ‘n gevoel van eie waarde en posisie in die lewe.

ROL VAN DIE APOSTEL.

  1. 1. Die gesag van die Bybel is ondergeskik aan die gesag van die Apostel. Die apostel se woord het baie meer gesag as die Bybel. Die Bybel is ‘net ‘n dooie letter wat dood maak.’ Slegs die woord van die apostel gee lewe. Dis nie vreemd as ‘n priester na die Bybel wys

en sê, “Dit is nie die Woord van God nie! Die Woord van God is die Woord wat uit die mond

van ‘n lewende apostel kom”. As die apostel spreek, spreek hy met Goddelike gesag. Die Bybel is vir hulle bloot ‘n versameling van goddelike beloftes, gebooie en dade wat deur ‘n groep gelowiges saamgestel is. Die Bybel is natuurlik heel nuttig, maar kan nooit die apostels se word vervang nie.

Kategismus vraag 37 vra: “Kan die skrifte ons saligheid en die ewige lewe gee? Ant.: Nee…..” Die Apostels is immers die “lig van die nasies gemaak, sodat hulle tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde”(Kat.vr. 11b).

Die Kategismus, vr.35, stel dit so: “Wie is gestuur om die woord van God te predik? Ant. Die

apostels, soos blyk uit 1 Thes. 2:13…….”

  1. 2. Die apostel beheer die toegang tot die Hemel. Die apostel het die mag om ‘n siel te verseël tot ewige saligheid (m.a.w. om te wederbaar), of om die Hemel te sluit vir iemand. “Dit is ‘n gesagvolle handeling wat selfs die Pous van Rome die apostel kan beny,” aldus dr. Jac Muller. Die ooreenkoms tussen die Ou Apostels en die Rooms-Katolieke Kerk is opsigtelik.

Deur die apostel alleen is daar redding en “aan dié wat deur die apostels in Christus glo.” (Kat. vr. 36&49). Aan die apostels alleen is dit gegee om die verborgenhede van die Koninkryk van die hemele te ken. (Kat.vr.5& 50 e&f). Iemand kan net tot geloof kom deur die woord wat die apostel preek. Dit is eintlik onmoontlik om tot geloof te kom sonder die apostels. Hulle sê, So kan niemand die Vader of Christus sien as hulle nie die apostel aanneem nie, want: “Wie julle ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (Mat.10:40). Die apostel is eintlik die enigste wat God die Vader ken (Kat.vr.24), wat die wysheid van God spreek (Kat.vr.50e), met wie God van aangesig tot aangesig praat (Kat. vr 25), wat die Skrifte verstaan (Kat.vr.38), wat sondes vergewe (Kat.vr.47), en wat die wêreld gaan oordeel (Kat.vr.41).

  1. 3. Die apostel is die plaasvervanger van Jesus Christus op die aarde. Soos die Pous by die Rooms Katolieke Kerk, so is die apostel die “Godgewilde plaasvervanging van Jesus Christus in die vlees.” Hulle is die fondament waarop Christus Sy Kerk gebou het en daarom is alle ander kerke valse kerke. Die apostelamp vervang eintlik die middelaarskap van Jesus Christus.’n Mens se sondes kan nie verlos word deur ‘n onsigbare Christus nie. Toe Jesus

opgevaar het na die Hemel, het Hy eintlik opgevaar in die apostels. Hy is nou sigbaar in die

apostels. Want ‘n “ander versoening met God is daar nie, as alleen deur die genade en die

apostelamp”, so word geleer. Die apostels verrig die volgende take: Hy verseël met die Heilige Gees en lyf hulle by die liggaam van Christus in. Die verseëning is gelykstaande aan

wedergeboorte. Daarsonder kan niemand in die Hemel kom nie. Hy vergewe ook sondes, hy

doop met water en Gees, hy kies die ampte. Die term wedergeboorte gebruik hulle egter glad nie en hulle preek nie daaroor nie. Hulle praat van ‘wederomgebore’.

  1. 4. Die apostel is ook die enigste wat kan vervloek. Mense wat uit die Apostel Kerk padgee staan gevaar om vervloek te word. Sulke getuienisse is beskikbaar. ‘Bettie’ het uit die Apostel Kerk bedank. Hulle het haar vervloek. Sy het later heeltemal van haar kop af geraak en gesterf. Sommige voormalige Ou Apostels beweer dat dit die rede is waarom mense nie maklik uit die kerk padgee nie – uit vrees dat iets soortgelyk hulle sal oorkom !

WAT SÊ DIE BYBEL VAN DIE APOSTELAMP ?

Daar is verskil van opinie in Christelike kerke of die amp van Apostel nog reg op voortbestaan het,al dan nie. In sommige Charismatiese kerke word die amp nog erken. Dit is egter nie so belangrik nie, nl. of daar nog so ‘n amp moet wees of nie. Wat egter pla, is die gesag wat aan so ‘n amp verleen word, nl. dat die Apostel Jesus se plek ingeneem het.

Ons lees in 2 Kor.12:12: “Die kentekens tog van ‘n apostel is onder julle verwerklik met alle

volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.” Toe Petrus se skaduwee op mense val, het hulle gesond geword. Paulus gooi sy bo-kleed op iemand en hy word gesond. Die apostels in die Bybel se lewens is gekenmerk deur krag en ‘n heilige lewenswandel. Waar is die tekens en wonders en heilige lewenswandel van die hedendaagse apostels? Paulus sê in Gal 1:1: “Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader….” In Matt.24:5&24 waarsku Jesus dat daar mense in die laaste dae navore sal kom wat sê, “Ek is die Christus, en hulle sal baie mense mislei.”

Die fondament van die Kerk van Jesus is nie die apostel nie, maar Jesus Christus self.

Van Paulus se laaste briewe was die brief aan Timoteus. In hierdie briewe praat hy net van die aanstellingvereistes van ouderlinge en diakens.

ROL VAN DIE PRIESTER.

Die man, as die hoof van die huis, word beskou as die ‘huispriester’ (gewoonlik ‘huispriest’ genoem). Sy gesin se saligheid word deur hom bepaal (Kat.vr.53). Wat die priesteramp self betref, is ‘n ouer of kind aan die totalitêre gesag van die priester onderdanig. T.o.v. die kind is die gesag van die priester 4 selfs hoër as dié van die ouer. Die priester word geweldig gerespekteer. Vir Sonet het dit gevoel asof ‘n kind eintlik nie ‘n ouer nodig het nie. As kind moes sy vir alles die toestemming van die priester kry. Of dit nou vir n maat vir die matriekafskeid is, of toestemming om na n kamp te gaan, die priester moet eers geraadpleeg word. Haar ouers self kon nie met vakansie gaan sonder die toestemmingsbriefie van die priester nie. Medisyne vir wanneer hulle siek was kon ook nie help nie as dit nie deur die priester geseên is nie. ‘n Besigheidstransaksie sal nie gedoen word voordat die priester sy goedkeuring gegee het nie. Wanneer hulle praat van gehoorsaamheid, word daarmee dan

ook nie bedoel gehoorsaamheid aan die Woord van God nie, maar gehoorsaamheid aan die ampte. Wat hulle spreek, is die woord van God. As die priester bv. nee sê, dan aanvaar hulle daardie word as die woord van God.

Elke eerste Sondag van die maand is nagmaal en dan steek die priester sy hand uit oor die gemeente en sê, “Die sonde wat julle gedoen het, wetende en onwetende, word julle vergewe.” Hulle gebruik Joh.20:23: “As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe….” Alhoewel aanvaar word dat net die Apostel kan vergewe, word aanvaar dat die priester die apostel verteenwoordig soos wat die Apostel Christus verteenwoordig.

WAT SÊ DIE BYBEL VAN DIE PRIESTERAMP?

Die priesteramp het egter geen bestaansrede in die Nuwe Testament nie. In die OT het die priester op voorskrifte van God self sekere kenmerkende kleredrag gedra. Die werksopdrag was ook duidelik, nl. diens in die tempel, die bring van offers, mediese diens (Deut.24:8) en soms regspraak. In Heb.7 word vir ons gesê dat die Ou Testamentiese priesteramp net vooruit gewys het na en vervul is in Jesus se priesterlike werk. In Heb.7:24 word verder gesê, “Maar Hy…..besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.” Past. Muller wat eers in die kerk was, vra waar die hedendaagse priesters vandaan kom en wys daarop dat die hedendaagse apostels nie nageslag is van Aaron, Dawid,

Melchisedek of van die leviete nie. Hulle is ook nie aangetrek soos die O.T. priesters nie! Jesus het ook nie Priesters aangestel nie ! Jesus sê in Matt. 22:29: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.” Jesus het sy apostels geleer en Hy gee ook die opdrag dat ons geleer moet word. 2 Tim.2:2: “Wat jy van my gehoor het…..vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.” Die Ou Apostelkerk glo nie in opleiding van sy ampsdraers nie. Die ongelooflike duisternis waarin die kultus is, is juis a.g.v.’n gebrek aan opleiding en ‘n gebrek aan kennis van die

Bybel. Gal 1:8: “Maar al sou ons of ‘n engel uit die Hemel julle ‘n Evangelie verkondig in stryd met dié wat ons aan julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees !”

SAKRAMENTE.

Hulle ken drie sakramente nl. doop, nagmaal en verseëling. Al drie die sakramente kan ten behoewe en tot heil van die afgestorwenes ontvang word. Hulle beoefen die besprinkelingsdoop. Die doop is ook verbind aan die dooies. Hulle haal 1 Kor. 15:29 aan om hulleself te verweer. Wat hulle nie verstaan is dat hierdie teks praat van dwaalleraars

wat mense vir die dooies laat doop het.

5 Tydens die verseëlingsdiens word een van die viervoudige ampte (nl. ‘n profeet, opsiener of

evangelis) namens die dooies gedoop en verseël.

DIE NAGMAAL.

Dit word eenmaal ‘n maand bedien en elke drie maande word ‘n kinderdiens gehou waartydens alle kinders, selfs babas, met die nagmaal bedien word.

DIE VERSEÊLING.

Eenmaal ‘n jaar is daar ‘n verseëling (spreektaal-‘verzechelings’) diens. Verseëling het te doen met die opneem van n persoon in die gemeente, met die ontvangs van die Heilige Gees en is

gelykstaande aan wedergeboorte.D ie verseëling is volgens pastoor Muller die grootste dwaling van die apostels. By die geleentheid kry die ouers ‘n wit doek op die kop. Dan word ‘n kruis met olie op die kind gemaak en gebruik hy die nagmaal. Die voorganger sal dan sê, “God die vader verseël jou”. Tydens die geleentheid ontvang ‘n persoon uit die hand van die apostel die vervulling met die Heilige Gees . “Jy kan nie in die Hemel kom sonder die ‘merk’ nie. Die merk is die verzecheling deur die Apostel,” – aldus een vanh ulle (Kat.vr.54-58).

WAT SÊ DIE BYBEL VAN DIE VERSEËLING?

Die verseëling is volgens hul kategismus gelykstaande aan wedergeboorte en die Doop met die Heilige Gees. Dit kan op enige ouderdom plaasvind as albei die ouers in die apostelkerk is. Jy kan die Heilige Gees ontvang slegs deur die handoplegging van die apostel. Mense sal in ‘n ry staan en dan sal die apostel net sê, “Receive the Holy Ghost.” Hulle gebruik Hand 8:16 om dit te staaf.Tog is daar net twee plekke in die Bybel waar mense die Heilige Gees deur handoplegging ontvang het. Hand.10:44 sê dat “…terwyl Petrus nog praat, het die Gees op almal gekom..” Die Heilige Gees het dus ook op mense gekom deur die aanhoor van die Woord. Lukas 11:13 sê jy kan die Heilige Gees ontvang as jy daarom vra !

DIE KERK.

Hulle het ‘n eksklusiewe kerk begrip. Hulle het oor die algemeen ‘n baie vyandige houding teenoor alle ander kerke en predikante. Hulle glo dat die Ou Apostel-lidmate die enigstes is wat in die Hemel gaan kom (Kat.vr.2&3) omdat net hulle kerk op die fondament van die apostels gebou is. Preke (hulle noem dit ‘n ‘belering’) word of deur die onder-diaken, priester of die oudste gebring. Preke word nie voorberei nie. Lidmate bring ook nie hulle Bybels kerk toe nie. Indien wel, word jy berispe omdat jy dan daarmee impliseer dat jy nie die ‘woord’ van die voorganger aanvaar nie. Daarom word die Bybel selfs ook nie by hul huise gelees nie.

Sommige meen eenmaal ‘n ou apostel, altyd ‘n ou apostel. Een van die grootste sondes is om die kerk te verlaat. As een in die familie die kerk sou verlaat, kan allerlei onheil en ongeluk wat daarna gebeur, aan die kerkverlater se deur gelê word. Toe Sonet se broertjie dood is in ‘n ongeluk, is Sonet die skuld gegee omdat sy uit die kerk gedros het. Daarna is bygevoeg: “Nou sal meer dinge verkeerd gaan omdat jy uit die kerk is.”

DROME.

Hulle moet die droom dadelik neerskryf en vir die priester gee. Sonet droom bv. dat sy trou (sy is reeds ‘n getroude vrou!) Die priester sê dit beteken dat sy geen ‘sielsaligheid’ het nie. Sy sal God nooit ontmoet nie. Die uitleg het hy gegee nadat sy teen haar ouers se wense uit die kerk is. In drome word boodskappe van afgestorwenes ontvang.

By die swartmense wat ou apostels is, is almal nog betrokke by die voorvadergeeste. As een sou droom van die voorvaders wat honger is, dan word dit bekend gemaak in die gemeente. Die priester se opdrag is dan aan die gemeente om huisbesoek te gaan doen en vir die mense te sê, “Bekeer julle en dan sal die dooies hulle ook bekeer en deur die duiwel losgelaat word.” Die dooies wat onbekeerd gesterf het, se lot word dus bepaal deur die ‘bekering’ van die lewendes! Wanneer drome uitgelê word, word ook beweeg op die terrein van waarsêery en heldersiendheid omdat dit soms handel oor dinge wat jou gaan oorkom.

PROFESIE.

Enigeen kan ook elke Sondag profeteer. Die profesie is meestal baie algemene uitsprake en

vermanings. ‘n Kind, totdat hy self tussen sy regter en linkerhand kan onderskei, het geen sonde nie en kan nie deur die duiwel aangeraak word nie.

GEBED.

Wanneer ‘n lidmaat van die Ou Apostelkerk op reis wil gaan, of ‘n besigheid wil open, gaan hy na die priester vir leiding en toestemming. Die antwoord wat hy kry by monde van die ampte is God se woord aan hom. God praat dus met hom deur die ampte. Om die rede het die lidmate van die Kerk geen gebedslewe nie. Wat jy nodig het, vra jy van die priester. Gebed word soos by die Rooms Katolieke Kerk begin en geëindig in die naam van die drie-eenheid. Wanneer die voorganger begin, lig hy sy hande op en sê “In die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees, Amen.” Hierop sal almal saam met ‘n ‘amen’ antwoord. Hierna sal hy oor algemene sake bid. Sommige meen dat as jy met iemand oor hul geloof gepraat het, dan het jy klaar gebid. Gebed kan ook as ‘n vorm van swartmagie gebruik word teen jou vyande.

In gebed word soms op ‘n onverstaanbare wyse gebid, bv. terwyl hulle vir Sonet gebid het, het die priester gebid dat die verkeerde in haar lewe na die kerksaal sal gaan. Dan bind hy dit daar en sit ‘n vuur om haar in sy gebed. Jonathan se tannie het ook ‘n verkeerde gees in haar gehad. Met tye het sy geskreeu. Die priester sit toe in sy gebed ook ‘n vuur om haar huis.

VERLOSSING.

Werke speel ‘n baie belangrike rol. Elke aand het die gemeente ‘n ander aksie wat bygewoon moet word. Maandagaand is dit getuienis of kragsel. Dinsdagaand is dit koor oefening. Woensdagaand het hulle biduur. Donderaand het hulle kragsel. Vrydagaand kooroefening. Saterdagaand is dit jeugaand. As jy nie ‘n tiende van jou tyd aan die kerk se werke afstaan nie, verpas jy jou saligheid. As jy jou werke goed doen, verdien jy n amp. Geen klem word op bekering, die vrug van die Gees en heiligmaking gelê nie. ‘n Breuk met die sonde is dus ook nie nodig nie! – alhoewel vir hulle eienaardig genoeg, sekere sondes soos seksuele oortredings, dans en vloektaal as verkeerd beskou word! Mev. X wat gebore en grootgeword het in die kerk, sê dat sy nog nooit in al die jare in die kerk, ‘n bekeringspreek gehoor het nie. Preke is meestal ‘n moralisering oor ‘n gedeelte waar daar soms selfs mooi dinge gesê word.

Die Bybel word ‘geestelik verklaar’. Volgens hulle is die Bybel dan baie meer verstaanbaar. Hulle doen dit so omdat God dan gees is en ons Hom in gees en waarheid moet aanbid. Die O.T. se verhale is nie letterlike en geskiedkundige feite nie maar gelykenisse wat geestelike lesse het. Die N.T. moet ook geestelik verklaar word.

Hier is ‘n paar voorbeelde:

– Hand. 1:9: Jesus vaar op na die Hemel. Jesus het glo nie letterlik opgevaar na die Hemel nie, dit moet geestelik verstaan word. Die ruimtereisigers was al daar bo en hulle kon niks daar bo kry nie! Jesus het opgevaar na die hart van die verstand – en dan wys hulle met die vinger na hul kop (Kat.vr.1&4). Werner vra vir die Ou Apostels lastige vrae: Beteken dit nou dat die voëls van die Hemel in jou kop rondvlieg, of dat die sterre van die Hemel nou in jou kop is?  Volgens hulle kategismus is die hemel nie ‘n letterlike plek nie, maar ‘n toestand van sielerus, saligheid en vrede…. (Kat.vr.17) Maar in die Bybel lees ons egter: “En toe hulle nog stip na die Hemel kyk terwyl Hy weggaan. . . sê die engel . . .’Hy sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.'” Muller wys daarop dat hulle nie in hulle koppe ingekyk het nie, maar na die Hemel.(vgl. Op.1:7) Hulle sê OOK daar is geen hel nie. Hel is nie ‘n letterlike plek waar mense brand nie maar ‘n rondswerf in duisternis terwyl jou gewete jou voortdurend aankla. ‘ Alkoholis wat te sterwe kom, het nou nie meer ‘n liggaam om te kan drink nie. Nou gaan jou gees in die kroeë in om te drink, maar jy kan nie drink nie. Hulle het geen besef dat die hel die volle teenwoordigheid is van God se toorn nie.

– Dit is ‘n kerk sonder hoop. Daar is geen letterlike wederkoms van Jesus nie (vgl. Hand 1:11). Hulle spot graag: “Hoeveel eeue is dit nie nou al dat julle sê Jesus kom, en tot nou het hy dan nog nie gekom nie!” (Kat.vr.27 a&b). Wanneer die Ou-apostels, as “die wolk van getuigenis” mense by hulle huise besoek, dit is wanneer Jesus vir hulle ‘kom’ (Kat.vr.29&31). Die Ou apostels vergeet wat staan in 2 Pet.3:3-4: “…dat daar in die laaste dae mense…wat die spot dryf…en sê, “En wat het nou geword van die belofte van sy wederkoms?” Wat ook nie duidelik is nie, is waarom hulle nog die nagmaal gebruik, want in 1 Kor 11:26 lees ons: “Elke keer as julle hierdie brood eet en die beker drink, verkondig julle die dood van die Here

totdat Hy kom.”- Sonde het vir hulle heeltemal ‘n ander betekenis. Rook en drink en selfs ander sondes in die liggaam verrig is nie ‘n probleem nie, want dit is in die vlees. Dit is sondes in die gees waarteen gewaarsku word. Wat daarmee bedoel word is nie altyd duidelik nie. Die Bybel wys ons egter daarop dat die laaste oordeel gaan plaasvind op grond van wat ons in die vlees gedoen het!( 1 Kor.6:12-20) Alhoewel daar ook onder hulle mense is wat ‘skoon’ lewe, is die Ou-Apostel lidmate mense met baie probleme.- Alles in die Bybel moet vergeestelik word. Jy kan niks letterlik opneem nie. Daarom verwerp hulle ook bv. die historiese verhaal van Noag. Volgens hulle was dit onmoontlik om ‘n vaartuig te bou wat al die diere kon neem. En omdat hulle dit nie met hulle verstand kan verstaan nie, moet hierdie en soortgelyke verhale geestelik verklaar word en nie letterlik nie.

Sulke verhale is opgeteken om geestelik vertolk te word. Geestelike taal is die taal van God.

DIE SPIRITISTIESE KARAKTER VAN DIE KERK.

Die groot probleem met die Ou Apostelkerk is die verbintenis wat dit het met die afgestorwenes. Hierin is die kerk op gelyke vlak met die Roomse-, Mormoonse-, Spiritistiese- en ander kerke soos selfs die kerk van die satan. Hierdie groepe glo dat die lewendes wel nog kontak kan maak met die dooies en omgekeerd. Verder leer hulle dat mense wat ongered gesterf het, wel na die dood gered kan word. Die dwaalleer word gestaaf deur tekste soos Ef.4:8-10 en 1 Pet.3:18-20 & 4:6. Eenmaal ‘n jaar, is daar n ‘versechelings’ diens. Dan besoek die apostel van die wyk (bv. die apostel van Tvl.) die gemeente. By die diens word die doderyk vir die dooies oopgesluit. Tweedens gaan die profeet by die geleentheid verklaar wie in die diens is (geeste), vir wie die Hemel oopgesluit word. Daarna gaan die nagmaal, verseëling en doop bedien word aan die dooies wat in die diens teenwoordig is. Pastoor Muller vertel van sy ervaring by ‘n diens in Klerksdorp. Die apostel het eers verklaar: “Met die mag

wat aan my gegee is, sluit ek die doderyk oop.” Daarna staan die profeet op en sê, “Profeet, Danie Theron en sy 40 manskappe is vanoggend in die diens. Hulle soek ingang.” Die apostel steek sy hand in die lug met ‘n oopsluit beweging en sê, “Ek sluit die Hemel vir hulle oop.” Daarop reageer die profeet as volg: “Ek sien hulle die hemel in marsjeer.” Kyk hoe inkonsekwent is hulle, sê Muller. Die een oomblik sê hulle die hemel is in jou kop, en dan erken hulle weer daar is ‘n plek soos die Hemel.

Nêrens in die Bybel kan die Ou Apostels egter aantoon dat Jesus aan hulle die sleutels van die doderyk gegee het nie. Net Jesus het daardie sleutel. Jesus sê in Op.1:18: “Ek het die sleutels van die doderyk en die dood…” Volgens Matt.23:13 kan iemand vir ‘n ander die hemel toesluit deur ‘n verkeerde of valse evangelie aan hom te verkondig en nie deur ‘n ampsdraer wat ‘n sluitbeweging in die lug maak en magiese woorde prewel nie!

Die apostel beweer dat hy die sleutels van die doderyk dra en by die geleentheid sluit hy die hemel oop vir die dooies om in te gaan. Die geredde dooies kry die geleentheid om die verlore dooies na die troon van genade te lei. In die Nuwe Apostoliese Kerk word op daardie bepaalde dae die soekende dooies se geeste deur die distriks-apostels na die een diens deur die hoof-apostel gelei, gestuur. Dan bedien die hoofapostel die drie sakramente aan twee ampsdraers in die plek van die soekende dooies. Op dié wyse word die soekende dooies se sondes vergewe. Henry vertel van sy bywoning van ‘n begrafnis in Kimberley. In sy gebed by die graf, het die priester gebid: “Here, maak nou asb die hemel vir hierdie vrou oop, want sy is besig om hier rond te sweef en sy soek nou ingang.”

Mev. M vertel: Ek het in die Ou-Apostelkerk grootgeword. Ek was baie lief vir my oupa. Toe ek in std. 5 was, was ek een Sondag in die diens. Ek het iemand na my hoor roep. Ek het omgekyk en my oorlede oupa in die deur sien staan. Toe ek weer kyk, was hy weg. Toe ek buite kom, het hy buite gestaan. Hy het na my gekyk, geglimlag en weggestap. Ek het begin huil en aan my ma alles vertel. Sy het aan die priester vertel dat my oupa my kom groet het. Die volgende Vrydag is my oupa wat in die Kaap gebly het, oorlede.

Wat met Mev M. gebeur het, is ‘n algemene ervaring in die Ou Apostel Kerk. Wat sê die Bybel van so ‘n ervaring? As iemand ‘n oorledene kan ‘sien’, kan hoor praat of op enige wyse met geeste kan kommunikeer, dan het so ‘n persoon ongetwyfeld ‘n groot demoniese probleem. So ‘n persoon word volgens die Bybel ‘n medium of ‘n Heks genoem. ‘n Persoon wat waarlik vrygemaak is, het nie die vermoë om geeste te sien nie.

‘n Baie misverstane gedeelte in die Bybel is 1 Samuel 28. Daar lees ons die verhaal van koning Saul se besoek aan so ‘n Heks. As gevolg van hierdie groot sonde sou God hom later doodmaak (1Kron.10:13-14). Saul vra dat sy Samuel vir hom moet oproep. Uit die verhaal self is dit egter duidelik dat die ontmoeting met oorlede Samuel, nie met Samuel self was nie, maar met BOSEGEESTE WAT HULLE VOORGEDOEN HET AS SAMUEL:

– Die Heks beweer dat sy Samuel sien, maar Saul het hom nie self gesien nie..- Die Heks beweer dat sy ‘n ou man met ‘n mantel om sien (vs.14). In die Hemel is daar tog nie ouderdom of siekte nie! Die liggaam is begrawe en het tot stof teruggekeer.- Die Heks beweer dat hy uit die aarde uitkom (vs.13). Nêrens leer die Bybel dat die gees van die mens na die aarde terugkeer nie. Dit keer na God terug. Daarom vaar Jesus op na die

Hemel. Daarom sê Hy vir die rower aan die kruis: ‘Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees’. As Samuel ooit verskyn het, sou dit uit die Hemel gewees het. Dit is die heidense begrip dat die dooies in die onderwêreld onder die aarde is. – As Samuel praat, dan praat hy die taal van ‘n ongelowige: “Waarom verontrus jy my.” (vs.15). In die Hemel kan jy tog nie gepla word nie! – Verder is dit duidelik uit die verhaal dat God besluit het dat Hy Saul nie gaan antwoord nie -nie deur die profete of deur drome of deur die Urim nie (vs.6). Waarom sal Hy hom nou deur ‘n Heks antwoord?

– Alle ander Bybelse getuienis bewys verder dat dit onmoontlik is vir die dooies om met die lewendes te kommunikeer. Die rykman word geweier as hy versoek dat iemand sy broers op die aarde gaan waarsku (Luk. 16:19-31). Daar rus ‘n vloek op mense wat kontak met die

dooies maak (Deut.18:11; Jes.8:9,19-22; Lev.19:31; 20:6,27; Jer 27:9). Wat werklik gebeur het was dat Saul kontak met BOSEGEESTE gehad het wat hulleself voorgedoen het as Samuel (vgl 2 Kor.11:14). Verder maak die duiwel gebruik van sy ‘meerdere’ kennis om vir Saul te sê wat die volgende dag gaan gebeur. Vir God is dit so ‘n groot sonde dat Saul met dooies (dit was demone!) kontak gemaak het, dat Hy Saul doodgemaak het (1 Kron 10:13- 14).

Wat God egter haat, word elke Sondag in die Ou Apostelkerk beoefen. Wat Sangomas, Sataniste, heidense toordoktors en blanke Gypsy’s en fortuinvertellers elke dag beoefen, nl. om kontak met die dooies te maak, word in ‘n sg. ‘Christelike Kerk’ elke Sondag beoefen

Deur drome word boodskappe van die dooies oorgedra aan die lewendes. Wat Swartmense ervaar wat nog betrokke is by voorvaderaanbidding, nl. om gereeld van sy oorlede familie te droom, gebeur ook onder Ou Apostellidmate. Hierdie kontak met die dooies maak van die kerk ‘n kultus, ‘n okkulteen anti-christelike groep.

OPSOMMING:

  1. 1. Op grond van die spiritistiese karakter van die beweging, sy verloëning van Christus en die Bybel; a.g.v. die status, magsposisie en die verafgoding van die apostel; op grond van hul verhouding met die dooies, hul Skrifbeskouing, is dit duidelik dat ons nie hier met ‘n Christelike Kerk te doen het nie. Dit is ‘n kultus omdat die groep nie meer op die basis van die Woord van God (Die Bybel) staan nie, maar op die woord van die apostel.
  2. 2. As gevolg van die sg. ‘geestelike’ verklaring van die Bybel, verloor die Bybel sy eintlike letterlike en praktiese boodskap en krag. Die Bybel word ‘n boek met minder waarde as die ‘woord’ van die apostel. En die bietjie wat nog oorbly, word ‘vergeestelik’. Vergeesteliking vervreem en verwyder die Bybel uit die praktyk van die lewe. Om die rede word die groep nie juis gekenmerk as Bybelstudente nie. Hulle word ook nie aangemoedig om die Bybel self te lees nie. Daarom word hulle lidmate ook nie gekenmerk aan heilige en reine lewenswandel nie.
  3. 3. As gevolg van die verbintenis wat die sakramente in die Apostelkerk het met die dooies, kan die doop van die Ou -Apostelkerk nie aanvaar word nie. Mense wat in die Ou Apostoliese Kerk gedoop is, sal hul doop moet afsweer as hulle tot bekering kom en sal weer gedoop moet word.
  4. 4. Mense wat ‘n Ou Apostel agtergrond of kontak gehad het, behoort vir bevryding te gaan na iemand wat weet hoe om bevryding te doen. Sy doop en verseëling moet o.a. ook bely en afgesweer word voordat daar vir hom gebid word.
  5. 5. Ou Apostels wat tot bekering kom, moet ‘n nuwe geestelike tuiste soek omdat ons hier met ‘n ‘kerk’ te doen waar die Gees van God nie is nie en wat nie n idee het van wedergeboorte en bekering nie. Dit is ‘n groep met ‘n baie verwarrende en dubbelsinnige teologie wat net deur ‘geestelike’ uitleg verstaan kan word.

BRONNE:

Kategismus van die Ou Apostoliese Kerk van Afrika.

Die Apostelkerk. Dr. Jac J. Muller.

Die Dwaling van die Apostelsekte. F.W.Werner.

Sektedwalinge in ons land. Ds. H.C.J.Flemming.

Getuienis op kasset van voormalige Ou Apostel, Pastoor P. Muller.

Talle onderhoude met voormalige Ou Apostels.

D.B.Dick