Wat is die bewys dat iemand die Heilige gees het?

Wat is dit nie? Dit is nie dat jy in tale praat nie.  Dit is nie iemand wat glad nie meer sonde doen nie. Dit is nie sigbaar nie, dit is onsigbaar. Natuurlik is daar tekens van iemand wat tot bekering kom wanneer daar ʼn radikale verandering in sy lewenswyse kom, maar daar is baie mense wat van kind af Christene is en nie daardie getuienis het nie, maar altyd ʼn kind van God was. Net die Here weet in elk geval wie sy kinders is. Deur te gesels met iemand kan jy agterkom in sy geselskap of hy ʼn Christen is, of nie is nie. Dit is weereens maar uiterlike tekens. Jou lewenswyse kan ook getuig maar daar is sommige wat as wedergebore ongelowiges rondloop. Ons kan wel mense oordeel wat nie volgens die Heilige Skrif optree nie, soos Paulus selfs mense se name genoem het wat in dwaalleer was, maar om iemand te oordeel as nie wedergebore nie, kan ons nie oordeel nie maar net God.

Wat is die bewys dat iemand gedoop is met die Heilige Gees?

Ons moet nie ʼn onderskeid maak tussen: die Heilige Gees het; en gedoop is met die Heilige Gees nie. Die Heilige Skrif maak nie ʼn onderskeid tussen iemand wat die Heilige Gees het of iemand wat met die Heilige Gees gedoop is nie. Dit is een en dieselfde.

Jy kan nie Jesus Christus skei van die Heilige Gees soos Charismate doen nie. Die Heilige Gees doop jou in Christus. Die Nuwe Testament gebruik die woord met of deur. Ons is gedoop met of deur die Heilige Gees. Jy kan nooit die woord ‘van’ soos jy baie hoor ‘die doping van die Heilige Gees,’ dit is nie in die Skrif nie. Daar is nêrens in die Bybel waar jy kry dat die Heilige Gees die doping doen nie.

Mat 3:12 Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

Wie? Christus is die doper. Daar is net twee tipes mense; die Christen gedoop met die Heilige Gees, jy kan nie ʼn Christen wees en nie gedoop wees met die Heilige Gees nie, en die ander tipe mens word met vuur gedoop, dit, sê die Bybel, is die oordeel. Jy word gedoop deur Christus met bekering, en nie ʼn latere doping van die Heilige Gees nie.

Joh. 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Christus en die Gees is betrokke, en so ook die Vader. Wanneer jy gered word deur die Here Jesus Christus dan plaas die Gees van God jou in Sy liggaam. Hy is die doper!!  Jy hoef nie te wag vir ʼn tweede ondervinding nie. Dit is nie so nie!! Jy is besig om met die Verlossings daad te peuter en verander. Dit is ernstig.  Wat jy sê is dat; ‘Verlossing is nie voldoende nie.’ Die doping met die Heilige Gees is nie ʼn ondervinding nie. Dit is ʼn feit wat gepaard gaan met jou verlossing. Wanneer jy God glo, plaas God jou in Sy Seun deur die Heilige Gees. Handelinge 19 is nie ʼn bewys van Christene wat gered was en nog nie die Heilige Gees ontvang het nie. Lees die konteks. In Handelinge 19:1-6 het die Christene vir mense gevra of hulle die Heilige Gees ontvang het toe hulle geglo het? Hulle het geantwoord en gesê ‘dat hulle nog nie van die Heilige Gees gehoor het nie.’ Hulle was nie Christene nie, hulle was dissipels van Johannes die Doper. Daarna het hulle Christus en die Heilige Gees terselfdertyd ontvang.

Hoe weet ons as iemand gevul is met die Heilige Gees?

Moet nie die doping (wanneer jy in die liggaam geplaas word nie) met die vulling van die Gees van God verwar nie. Wanneer jy gevul is met die Heilige Gees, gee jy  jouself eenvoudig oor aan die Heilige Gees in jou. Soos Calvyn gedoen het, “Hier is my hart maak daarmee wat u wil.” Jy is eenvoudig gehoorsaam. Jy gaan nie na mense toe om in tale te praat nie, Nee, om die Heilige Gees te laat vloei deur jou lewe, gehoorsaam eenvoudig. As jy in gehoorsaamheid aan die Woord van God is dan gee die Heilige Gees jou heilige energie in jou lewe.

1Co 12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 

Dit is die doping deur die Heilige Gees en jy het die volheid daarvan. Alle Christene ontvang daardie volheid. Jy mis niks nie, jy is nie ʼn tweede rang se Christen nie, moet nie vir iets soek wat nie daar is nie. Jy kry dalk iets anders soos die Israeliete wat aangehou vra het vir kos maar God het ʼn maerheid in hulle siele gegee.

Jy is geseën met alle geestelike seëninge met die doping en het nie ʼn sogenaamde tweede ondervinding nodig nie wat niks meer kan bydra nie.

Ef. 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

In die volgende versies verduidelik dit daardie seëninge:

  1. Uitverkies, Heilig en sonder gebrek in liefde
  2. Aangeneem as Sy kind
  3. Ons is begenadig
  4. Ons is verlos van sonde deur Jesus se bloed
  5. Ons misdade is vergewe
  6. Hy het sy wil aan ons geopenbaar, die rykdom van God se heerlikheid as ons erfdeel
  7. Ons het die erfdeel van die ewige lewe ontvang en verseël met die Heilig Gees.

Nie seëninge van Voorspoed, gesondheid en aardse rykdom nie.

Wat is die verband tussen heiligmaking en die volheid van die Heilige Gees?

Die volheid van die Heilige Gees naamlik jou geloofslewe in gehoorsaamheid bewerk in jou ʼn heiligmakende lewenslange proses deur die genade werk van Christus. Dit is ʼn werk van die mens maar jy word nie daardeur gered of beloon nie, dit sal in elk geval onperfek wees. Luk 18:9  En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag. Slegs Christus kry al die eer en is alleen betrokke by jou verlossing. Die Woord verklaar buitendien; dat jou geregtigheid is maar vuil lappe voor God indien jy daarop staat maak dat dit enige meriete voor God verdien. Isa 64:6  En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; Regverdigmaking is Christus se dade aan jou toegeken, toegereken (imputed) jy is in Christus gedoop, verskans, binne in toegevou en God sien en kyk na Jesus, en nie na ons werke nie.  2 Corinthians 5:21Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Om die vraag te beantwoord moet ons die verskil begryp wat is Regverdigmaking (Justification) en Heiligmaking (Sanctification.)

Die Charismatiese leer is dieselfde as die Roomse leer, en in die opsig verskil dit van Gereformeerdheid.

Regverdigmaking is dat jy toegereken word as geregverdig deur iemand anders se Geregtigheid en dit is; naamlik Jesus Christus onse Here se volkome geregtigheid. Dit is imputed in Engels, niks in jouself nie, of vanuit jouself nie, maar van buite geplaas op jou. Jesus het vir jou heilig gelewe, Jesus het vir jou die Tien Gebooie onderhou en gehoorsaam gewees. Die geregtigheid wat jy het, is nie jou eie nie, maar die perfekte geregtigheid van ons groot Mediator Christus. Ons eie werke hier speel geen rol nie anders is dit werke. Geregtigheid het geen groei nie en ons is net so geregtig by ons ontvangs van die Heilige Gees, as by die einde van ons lewe. Ons kan dit opsom in drie sinne:

  1. God is geregtigheid
  2. God VEREIS geregtigheid.
  3. God VOORSIEN vrylik wat hy Vereis.

Heiligmaking is ons eie innerlike geregtigheid wat voortspruit uit die werking van die Heilige Gees in ons, dit verdien nie enige meriete nie want selfs dit is onperfek en vol verdorwenheid, dit word wel deur die Heilige Gees in ons gedoen maar die deel van ons samewerking is gemeng met ons sondigheid. Ons is tog nie in staat om nie te sondig nie, en nie algehele sondeloosheid te bereik nie. Heiligmaking sal nooit perfek wees nie, totdat ons die hemel bereik. Dit is ʼn lewenslange progressiewe werk. Op sy sterfbed het John Wesley erken hy het dit nie bereik nie, alhoewel dit sy leerstelling was dat jy dit kan en moet bereik om die ewige lewe te beërwe.

Die Heilige Gees is ons Helper, openbaar die geskrewe woord aan ons deur ons self studie, ons prediker (slegs die geskrewe Woord se betekenis hernu, en nie nuwe openbaring wat van ekstrabybelse lering sy onstaan het van sogenaamde gesalfdes en self aangestelde profete en apostels nie.).