Inleiding.

In ʼn artikel: “Why Conservative Churches are Growing,” in die New York Times, April 25, 2011 sê David Brooks dat konserwatiewe kerke groei want hulle maak ernstige oproepe op gelowiges in terme van doktrine en gedrag. Hierdie kerke vereis gedefinieerde doktrine wat ontvang, geglo, geleer moet word, sonder kompromie. Ook dat ons in die wêreld is maar nie van die wêreld nie. Ons distansieer ons van sekulêre geloof en gedrag. Die liberale kerke inteendeel, is teen hierdie beginsels. Om die voordele te trek van kulturele aanvaarding en aansien, word doktrine en gedrag vereistes verlaag en maak lidmaatskap ʼn daad van persoonlike keuses en nie een van teologiese oortuiging nie. So dan is daar menige voorbeelde van sulke verlaging van doktrine wat se gevolg is ʼn meer ekumeniese beleid.

Die godsdiens wat groei het sy teologie, doktrine en kode van gedrag, in eise van absoluut waarheid. ʼn Deeglike, akkurate teologie gee vir die gelowige ʼn kaart van realiteit wat help om sinneloos agter die populêre kontemporêre soeker vriendelike godsdiens van die massas aan te hang.

Die gedragskodes laat mense toe om hulle karakter te bou. Die dissiplines lei tot die fondasie van ongewone dade van selfbeheersing. Die vae humanistiese praatjies oor HIV deur goed-doeners help nie veel om mense af te sien van hulle gewaagde gedrag nie, maar teologiese praatjies van reg en verkeerd, verlossing en verderf – werk beter.

Dit is nie suiwer doktrine wat verlos nie, verlossing is van die Here of die evangelie gepreek word deur een wat ʼn mengelmoes van doktrine het of deur iemand wat akkuraat is, die Here verlos met die prediking van die Kruis, dit is die krag van God tot redding. Dit is Gereformeerd, want die Here vooruitbestem en kies nieteenstaande sonder meriete van ons wat sondaars is en nie perfek is nie. Dat goeie doktrine later moet kom en verfyn word, is egter waar, anders word jy gered, maar in wat?

Mense sê dat ons nie hoef akkuraat te wees rondom die dinge nie.   Dit is egter belangrik dat ons suiwer moet wees oor die wraak van God op die sondaar vir die straf van sy sonde. Die versoening van God deurmiddel van Jesus, sy enigste gebore Seun wat in ons plek verbrysel is, dit wat ons toekom, het God, die mens toegelaat om Hom as Mens afgryslike leed aan te doen, deur hom te martel, te verneder, bloed te giet, vas te spyker sodat Hy kan versmoor en sy wonde bloed uitgiet, wat alleen vergiffenis bring. Die woedende God se wraak op die sondige mens is versoen. Dit was nie net dat God die sonde vergewe het in liefde nie. Nee, God se wraak moes bevredig word om die mens te versoen. Hy het Homself geoffer as volle Mens en volle God.

Gedagte aan die laaste paragraaf kan ek net iets sê oor diegene wat die Wegraping en die herstel van die tempel en offerandes voorstaan in ʼn duisendjarige ryk. Hoe kan jy, nadat God hierdie daad gedoen het vir eens en vir altyd, God weer laat toekyk in die sogenaamde vrederyk hoe daar dierlike offers gebring word wat net tydelik sonde verberg het? Hoe afgryslike denkwyse is dit nie, dat onse Here Jesus Christus na wat hy vermag het, gaan oorsig hou oor dierlike offers vir die mense wat die sogenaamde “Wegraping” verpas het. Word hulle sonde weer tydelik deur die diereoffers verberg gedurende daardie vrederyk van duisend jaar soos die premillennialiste sê? Of, word jy gered deur die prediking van wat Jesus al klaar vir hulle gedoen het, so gely het, so verbrysel is, sy bloed versoening gebring het vir hulle. Dan kan ek die vraag vra: Gaan jy Jesus weer laat sterf gedurende jou duisend jaar? Dit is die mees godslasterlike denke denkbaar wat verkeerde teologie en waninterpretasie se drek opdis. Dit is hoekom dit belangrik is om skriftuurlike beginsels te hê. Hoekom word boeke nie gelees van Charles Alexander, DM Lloyd-Jones, IJ Packer, Hodge, Edwards, Piper, Horton, Riddlebarger, Sproul, White, Boice, Hoeksema of vroere werke van Luther se Bondage of the Will, Calvyn se 90 volumes, Owen, Berkhof, Bavinck, Ridderbos, Vos en menigte ander. Ons moet weet hoe om iedere een te antwoord van die hoop wat in ons is. “Ernstig ons geloof verdedig.”

Ek skryf die artikel weens ʼn woedende uitbarsting van iemand wat my kritiseer oor my stand; dat voordat jy die evangelie verkondig of sending werk doen dat dit belangrik is om nie net nodige kennis van die Skrif te hê nie maar ook ʼn deeglike, akkurate teologie. Sodat jy nie heen en weer geslinger word deur allerhande valse strome uit die bek van die draak en die gif drink van valse evangelies nie en dit jou gevolglik dan nie skade kan aandoen nie want jy is gegrond op skriftuurlike beginsels. Dan sal jy op adders en slange, skerpioene kan trap wanneer jy oorlog voer met die Swaard, die Woord van God om elke vesting van die sterkman in mense se gedagtes gevange kan neem en dit afbreek. Nie deur sogenaamde “oorlogvoering” nie, maar deur die kennis van die waarheid soos Jesus en Paulus dit gedoen nie. Dit is dan ook belangrik wanneer jy ander leer dat dit alles skriftuurlik is. Dan word daar vir my gesê, “Ja maar Charles Haddon Spurgeon het nie opleiding gehad nie.” Maar dan kan ek sê: hy het oor die 5000 boeke gehad wat nog te siene is in ʼn Baptiste Seminaar in Amerika. Spurgeon was uit en uit gereformeerd. Charles Spurgeon (1834-1892) het gesê, “Indien iemand my sal vra wat bedoel ek met ʼn Calvinis, sal ek so antwoord, Hy is die een wat sê, Verlossing is van die Here.” Om dit op te som, die Hervormde lering van Genade is die lering wat die God van die hemel en die aarde verheerlik vir die Verlossing wat Hy vir die mens skenk.  Hierdie dogma is gepopulariseer deur die naamdig TULIP. Dat Whitfield die grootste prediker van alle tye wat vir agtien duisend preke gelewer het vir meer as tien miljoen mense, Jonathan Edwards oor vir meer as tien miljoen mense die evangelie gebring het. Al drie hierdie predikers was deeglik geskool in akkurate teologie van Gereformeerdheid. Ek kan nog name noem: John Knox, Bunyon, en Newton om ʼn paar te noem. Hierdie skrifgefundeerde sendelinge en predikers en hulle sukses was toe te skryf aan hulle akkurate Skrif beskouing van ʼn absolute waarheid.

Watter gevolge van ʼn verkeerde teologie?

  1. Jy kan rekenskap moet gee vir God, soos deur vuur heen gered. 1Co 1:10  Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.1Co 3:11  Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. Co 3:12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 1Co 3:13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 1Co 3:14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 1Co 3:15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. Onthou dit is die waarheid wat verenig, dieselfde mening wat te vinde is in die Skrif Alleen. Wat sê die Skrif? Nie wat se Osteen, Meyer, McCauley, Hagin, Johan Malan, Hagee, TBN, Hinn, Julian Müller, Spangenberg en Christina Landman sê nie. Julian Müller, sê die Akademie; is ʼn kritiese teoloog? Nee, Luther was ʼn kritiese teoloog want dit is teen valse leerstellinge waarop hy krities gestaan het. Julian Müller is egter ʼn kritiese teoloog teenoor die Waarheid, wat die antitese is van ʼn Reformator. Hulle is nie “Nuwe Hervormers” nie; hulle is ou afgesaagde antichriste wat al in Korinte in 40 nC hulle teologie van; historiese gebeure as mites verklaar. In die konteks word daar gewaarsku dat die mens die tempel van God skend en as jy ander in desepsie bring deur jou verkeerde evangelie. 1Co 3:17  “As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.” Dit is baie ernstig wanneer iemand ander verlei na ʼn ander evangelie toe en die wat verlei is, het geen verskoning nie.
  2. Die onstaan van allerlei, valse en ander evangelies wat nie skriftuurlik is nie. Die gevolg daarvan is ʼn smeltkroes van ʼn mengelmoes van wanorde in die Kerk. Biljoene word gespandeer op nuttelose geboue, onskriftuurlike oorlogvoering wat nie ʼn titseltjie bydra by die evangelie nie. Kyk maar na die doemprofete: wat mense laat selfmoord pleeg en mense hulle erfporsies verdeel aan bv. “family radio” van Harold Camping wat $20 Miljoen sterk is vanweë sulke skenkings, maar nog kom die einde niet. Ek weet van menigte wat nou sonder ʼn sent sit vanweë die verleiding. Eers was die Wegraping wat nie gekom het nie, wat in elk geval nie skriftuurlik is nie, nou kom die Einde van die Wêreld. By die tyd wat jy die artikel lees sal 31 Oktober 2011 ook verby wees en hulle as ketters geïdentifiseer word.
  3. Kruisvaarders, oorloë, moord, marteling en doodslag in die vroeë Kerk. Kom ek noem ʼn paar in vandag se konteks. Israel se rol as die Vrou wat die Seun voortbring in Openbaring 12, is volbring. Die Seun is gedood en het opgevaar na die Hemel. Amerika se verdediging van Israel het gelei tot Islam se haat teenoor Amerika. Israel, as die oogappel van God is verplaas na die Kerk wat Jode insluit. Net die Kerk is die oogappel van God. Dit is nie teen die Jode, wat tradisioneel die gesalfde van God is waarvoor jy gestraf of geseën sal word as jy hulle leed aandoen of goed aandoen nie. Nee, dit is die Kerk, die Israel van God. Die Koninkryk-Nou of Triomferende, of die teologiese naam Postmillennialiste wil weer die Utopia Noustig. ʼn Teokratiese nuwe wêreld daar stel, voor onse Here se wederkoms. Ja, Paulus gaan hulle handskut oor wat hulle vermag het, sê hulle. Ek noem maar net ʼn paar van die gevolge van swak teologie. Lees maar gerus www.reformedtruth.co.za daar is menigte artikels oor die gevolge. Onskriftuurlike oorlogvoering is ʼn offensiewe strategie om die duiwel te verslaan wat alreeds verslaan is; die Here op die Kruis het dit vermag, maar ons is beveel om in ʼn defensiewe houding te wees, staande te bly met die Woord van God. Die geestelike atlete neem aktief grondgebied in Indië, Arabiese lande vir Jesus Christus deur gebedslope te doen. Hindoes en Islam beskou dit as Kruisvaarders en ʼn bedreiging vir hulle kultuur. Daarom is daar ook baie vervolging en moord deur Hindoe aktiviste op Christene. Christene in China dink die sogenaamde Wegraping het gekom want Benny Hinn en Rhema het hulle belowe dat hulle Gesondheid, Voorspoed en Materiële rykdom moet beleef. Sommige van hulle is moedeloos want God kom nie sy beloftes na, na hulle al hulle besittings gegee het. Gee baie, want hoe veel seëninge wil jy ontvang, min as jy min gee baie as jy baie gee, honderdvoudig sal jy terugkry. Die Christene in China, sê “Geopende Deure,” verval van hulle geloof want die vervolging is so erg in China dat die sogenaamde Wegraping alreeds moes plaasgevind het, en hulle nou al groot verdrukking beleef. Let wel, ek sê nie “Die Groot Verdrukking” nie, die Bybel praat van groot verdrukking wat almal wat die Christen lewe lei deurgaan, vervolging deur al die eeue heen. Diegene wat sê dat ons dit sal ontsnap deur ʼn wegraping, ʼn martelaarlose ontsnappings roete waarvoor hulle, hulle beywer, is dalk nie daartoe in staat om vervolging te beleef nie, hulle is bejammerendswaardig. Ek weet God belowe dat hy nie die regverdige sal laat deurgaan wat die onregverdige sal oorkom nie. Maar my liewe vriend, dit praat van die ewige verderf. Wat maak jou beter as die honderdduisende wat vir hulle geloof, fier en regop die brandstapel met vreugde tegemoet gegaan het om vir Christus te ly, met gesang op hulle brandende tong. Ja ek dink aan jou Darby, Schofield, John Walvoord, Boeta my vriend, Johan Malan en Hagee.

 

Dit is maar die punt van die ysberg of liewer die punt van die mishoop wat ander evangelies ter tafel opdis.

Hoekom is dit belangrik om jou geloof te verdedig?

Jy is gehoorsaam aan die opdrag om jou geloof te verdedig. Ons moet weet wat ons glo en hoekom ons dit glo. Daar is so baie ander evangelies dat ons kan weet hoe om iedereen te antwoord, te stry, te argumenteer, te debatteer, apologeties op te tree. Mense sê ons moet nie argumenteer oor godsdiens nie, ons hoef niks te weet van teologie nie, ons sal net verdeeldheid bring en mense ontstel. Indien ons dit so beskou dan kritiseer ons vir Paulus en terselfdertyd die Skrif. Die Skrif is vol van argumente, debatte, kritiek en polemies van aard. Kyk maar na Romeine en Galasiërs waar dit duidelik waarneembaar is. Dit is nie ʼn kritiese gees nie, of rebelsheid nie, maar ʼn Goddelike roeping om jou geloof te verdedig en die Skrifte te ondersoek. Daar is niks so ver verwyder van die Nuwe Testament as om te sê: “kom ons wees positief, vergeet die negatiwiteit, laat ons nie argumenteer nie.” As jy nie gegrond is in die waarheid nie, is jy ʼn kandidaat vir dit wat vals is, oop vir desepsie. Dit is die redes.

Weet wat jy glo en hoekom jy dit glo

Om jou geloof te verdedig moet jy die nodige kennis hê en dit is ook ʼn opdrag van die Skrif. Weet jy wat jy glo, hoekom jy dit glo, kom ek noem ʼn paar voorbeelde en stel jou bloot aan skaamte of dit gaan jou laat ʼn bietjie rondsnuffel in die Bybel om die vrae te beantwoord. Dit is die vrugbaarste om so die Bybel te leer as jy vrae moet beantwoord en self ondersoek doen. Dit is tog God se strategie om vir jou aan te spoor om meer te weet.

  1. Kan jy regverdigmaking (justification) verduidelik. Kan jy toekenning (imputed) van regverdigheid verduidelik?
  2. Wat is Die Geloof?
  3. Hoe word jy wedergebore en hoe word jy gered en in watter volgorde vind verlossing plaas en wanneer?
  4. Hoe word die Jode gered?
  5. Wat is die Wegraping?
  6. Wat is die vyf Sola’s
  7. Noem die vyf punte van die Sinode van Dordrecht en beskryf dit kortliks. Dit is tog belydenisse van die Kerk. Teoloë soos Adrio König verwater dit en plaas sy eie humanistiese idees op Beperkte versoening asook onweerstaanbare genade en bly nie wat die Skrif sê nie. Na 154 vergaderings van teoloë het hulle op die punte besluit wat Adrio König sê: “Iewers werk iets nie” Die Groot Geloofswoordeboek. Nee, iewers werk iets nie vir die mens nie, maar vir God wel. Ons moet aanvaar wat die Woord sê en nie wat ons dink wat werk nie. Ek kritiseer wel maar ons moet mooi dink voor ons iets kwytraak, die mens volg ons blindelings oor ons naam of status. Aan wie doen ons verantwoording vir ons uitlatings, die leek?
  8. Wat is predestinasie en uitverkiesing, is daar so iets in die Bybel?
  9. Wat is die groot verdrukking?

Paulus en die Skrif ag dit belangrik.

Wat is Teologie

Teologie is die taal van jou geloof oor God. Hoe is jou taal? Beperk, onseker of met ʼn goeie verdedigbare grondslag? Teologie is die Koningin van die wetenskappe. Goeie Teologie bring ʼn goeie praktyk voort. Slegte Teologie veroorsaak wanpraktyke. Dit is dan genoodsaak dat ons goeie skrifgefundeerde teologie het. Ja jy is ʼn teoloog. As jy die geloofbelydenis doen dat het jy ʼn teologie, miskien genoeg vir jou, altemits genoeg vir jou verlossing maar nie goed genoeg om iedereen te antwoord vir die hoop wat in jou is nie. Ek praat nie hier van akademiese kennis van die Bybel nie. Of deeglike kennis van Grieks en filosofie nie. Inteendeel dit kan ʼn probleem wees. Taal en letterkundige studies waarop ʼn woord se betekenis berus, het menigte verkeerde interpretasies voortgebring omrede dit nie altyd gepaard gaan met die konteks van wat die Skrif wil sê nie. Ek kan hier aan ʼn goeie voorbeeld dink en kritiseer nie akademiese reuse nie. Ek dink aan Prof J Louw se Woordeboek en sy verklaring wat Romeine 3:25 sê. Die manier waarop sonde vergewe word. Louw sê dit is nie (propitiation), versoening of bevrediging nie maar (expiation) om sonde te bedek, te reinig, te kanselleer deur genade, boetedoening of goedmaak. Hy sê in die Nuwe Testament is God al klaar aan die kant van die mense en God is nie die onderwerp van versoening nie. Meeste vertalings gebruik die woord: “propitiation”,  dat God se wraak is weggekeer deur Jesus se offer die offerhande wat die straf vir ons gedra het (propitiation) is die werk van die Here Jesus Christus waardeur hy God se wraak versoen. “The work of the Lord Jesus Christ by which He appeases the wrath of God and conciliates Him who would otherwise be offended by our sin.” Ons is nie net vergewe nie maar moes gestraf word maar in Jesus. God vergewe nie net uit liefde nie maar sy wraak moes bevredig word. “To appease wrath.”  Maar ons moet onthou dat God van die Oue is die God van die nuwe. ʼn God van wraak oor die sonde, dit moet gestraf word. Ek speel miskien onnodig met woorde maar waar dit by die Evangelie se begrip kom, is dit belangrik.

 

Dit is al wat ek wil sê oor diegene wat teologie nie as belangrik ag nie. “Na die Hel met teologie” sê sommige. Weereens dit is nie goeie teologie wat red nie, dit is God wat red al is ons teologie nie sekuur nie, dit is die kenmerk van die uitverkiesing en predestinasie dat God jou sal red nieteenstaande ons kennis, nieteenstaande van moontlik ʼn bobejaan profeet wat die preekstoel nie waardig is nie. Maar aan die ander kant is dit belangrik om na jou verlossing ʼn goeie teologie te bekom. Die akkuraatste is maar gereformeerd wat al die toets van eeue deurstaan het. Nou gaan jy ander leer en jy moet versigtig en goed op daardie fondament wat die Apostels neergelê het bou. As jy nie die kennis het nie, bekom dit dan.

Seën word toegebid aan diegene wat die waarheid wil weet.

Leer my Heer u regte weë, wys die regte pad my aan.

Maak my hart daartoe geneë om met lus daarop te gaan,

Lei my in U waarheid Heer lei my dwalende gedagtes

want U is my Heil O Heer!

U is ek altyd te wagte.