Die Ongekende Sukses van Die Reformatoriese Sendelinge in Europa en in Skandinawië.

Inleiding

Die doel van die navorsing is nie om elke martelaar en geregenereerde Christen te bespreek nie, wat in elk geval onmoontlik is, maar net om te sê dat regenerasie het plaasgevind regdeur die eeue deur die Gees van God deur die Woord van God ten midde van vervolging, Pousdom en dwaalleer. Individue het reformasie gebring, soos Wickliffe, wat ʼn Elia en ʼn profeet Johannes was.

Dit is kenmerkend dat die breuk met Roomse leerstellings deur skriftuurlike beginsels, was Gereformeerde beginsel, regdeur die eeue. Dan was hierdie apostoliese beginsels weer aangeval deur fanatieke ketters soos Servetus of Servet, Anabaptiste en natuurlik die Pousdom. Nadat die kampioene van die Reformasie ʼn goeie fondasie gelê het, wat vir 5 eeue standhou gehou het, word dit weereens skerp aangeval deur Charismate, maar helaas ook vanaf die binnekringe van Reformatoriese teoloë. Dat Christendom chaoties voorkom, is maar die tekens van die tye, maar selfs in die tye, word mense deur God gegenereer en word gelei na die waarheid van die Woord en nie deur die kerk nie. Vandag is daar nie weinig verbetering op die Heidelbergs Kategismus, en die Geloofbelydenis van die kerk nie, indien daaraan nederig onderwerp word.

Belangrike beginsels;

Niemand kan roem dat hy beter is, of meer van die Gees het, of meer gesalf is, of meer heilig is, of minder sonde doen, of ENIGSINS meer meriete het as ʼn ander gelowige nie. Daar is geen onderskeid tussen jou en ʼn kannibalistiese monster soos Voro Voro van Fiji wat 800 mense geëet het nie. Ons is net so ʼn sondaar soos die ergste in God se oë, niemand kan roem nie. Inteendeel, dit is tog net Jesus wat meriete het waarna God kyk en ons verborge in hom. Ons wat vinger wys na Succat, Calvyn, na Luther is in elk geval nie werd om hulle klere te was nie. Ons het niks meer as hulle nie, kan nie kritiseer nie, is niks in God se oë beter as enigeen van hulle nie. Dit was ʼn tyd van ongekende evangelie bediening, miljoene het in ondergrondse kerke in Europa tot bekering gekom. Calvyn het ʼn evangelistiese bediening gehad en Geneva was somtyds sonder predikers gelaat want hulle was uitgestuur om die evangelie van regenerasie deur geloof alleen in die plek van die Roomse werke te verkondig. Geneva was die bron van evangeliste en sending opleiding van die Wêreld wat uitgegaan het om die evangelie te verkondig. Indien ons die basis verwerp, verwerp in Bunyan en Knox.

Ons gaan kortliks kyk in hoe ʼn mate die sending suksesvol was.

Swede:

In die jaar 829, het Anschar, die groot apostel van die Noorde met die blye tyding voet aan wal in Swede gesit. Vir die volgende 400 jaar gedurende barbaarse tye het die evangeliese geloof, die wat gewillig gemaak is deur God, geregenereer. In die twaalfde eeu was Swede gebonde aan die Pouslike stoel met sy gevolglike rykdom, kloosters en ongoddelike priesters. Die algemene publiek was in armoede en in bygeloof gedompel deur die hiërargie van Rome. Geen toegang tot die Woord van God nie, want daar was nie in die Sweedse taal nie. In 1523 was Vasa 1 Gustavus, ʼn bekeerde reformator op die Sweedse troon. Hy het besluit dat instruksie in die geloof en nie outoriteit, die leermeester sal wees nie. Soos die Raad van God bepaal was daar in sy koninkryk twee jongmanne wat onder Luther en Melanchthon in Wittenberg studeer het. Olaf Paterson en sy broer Lawrence; wat in 1497 en 1499 gebore was en bonatuurlik ook teenwoordig was toe Luther sy 95 stellings aan die kerk vasgespyker het.

Na hierdie ligdraers kom die Lig homself, die Woord van God. Olaf begin die Nuwe Testament in Sweeds te vertaal en daarna die volledige Bybel. Die Sweed kon nou in ope aanskoue en nie deur ʼn bedekking die Woord lees nie. Dit was die ligdraers wat die reformasie uitgedra het, nie ongeskoold en sektaries nie, maar hulle was manne wat die Woord van God bestudeer het en het geweet om die wapens van die Skrif te gebruik, Die Swaard van die Woord van God. Hulle was skoliere en teoloë; manne wat deeglik die hele sisteem van die Evangelie bemeester het en wat maklik, met debattering en Skrif oorwinning oor die teoloë van Rome behaal het. Dit het die debat by die universiteit van Upsala geleer. Pastoor Olaf was die oorwinnaar oor die Roomse debat.

Die Gevolge van Die Woord van God.

Die gevolg was dat al die kastele en die 13000 luukse wonings, die lande, plase wat in die hande van Roomse priesters en biskoppe was, was terug gegee aan die nasie. Dit was die gevolg van die oorwinning oor ʼn Antichristiese heerskappy. Bebloed was die slagveld, dooies het gesaai gelê met die oorwinning met die swaard van God, sonder dat een gesin wees gelaat is want dit was ʼn geestelike oorlog. In alle skole was die Bybel geleer en die evangelie verkondig. Sover het die Reformasie in Swede in 1527 gevorder. Kenmerke van Reformatoriese oorwinnings was dat die land floreer het, die beste van vrugte en produkte opgelewer het – ook kampioene en reuse vir die Reformasie. Vandag helaas verlaat tot een duisend lidmate die Lutherse se Kerk, maandeliks. (2011) Een rede word aangevoer dat dit weier om humanisties te word en byvoorbeeld homoseksualisme te aanvaar.

Denemarke:

Wittenberg het weereens invloed gehad, anders gestel: dit was weer die Woord van God wat verandering gebring het. Christiaan 11, alhoewel hy verban was, het Lutherse predikers gestuur en in sy opdrag het Johannis Michaelis die Bybel in Deens vertaal.

“Soos ʼn lamp in ʼn doodskelder het Johannis Taussanus, ʼn bekeerde monnik, se lig geskyn in die midde van donkerheid. Met ʼn beurs van Rome kon hy enige plek studeer het, behalwe in die euwel van Wittenberg. Dit is dan juis waarheen hy gegaan het. In die klooster het hy gepreek en die Woord van waarheid uitgelê. In 1524 het hy ʼn preek gelewer wat die nutteloosheid van goeie werke as meriete waardig, en die nodigheid vir toegerekende regverdigheid vir die sondaar se geregtigheid vir erfenis as die ewige lewe beklemtoon. Wat was die betekenis van so ʼn preek? Weg is die vaevuur, die sonde boetes, die inkomste van Rome en die Priesters. Wat doen jy met so ʼn man wat die status quo bedreig, wat die aandele mark in duie kan laat stort, jou prestige en inkomste kom wegneem? Jy gooi hom in die tronk. In die tronk het sy prediking mense gered.

Die Dene kon nie slegs die Bybel in hulle eie taal lees nie maar die Psalms van David is in hulle eie taal in die velde en op die paaie sing. Die fonteine van verlossing het gevloei en oor die hele Denemarke het die môre dou van die evangelie het die geseënde lig laat skyn en vrugte van reinheid en vrede gebring. Skole en letterkundige inrigtings het opgespring, en studie van die koninging van die wetenskappe en die universiteit van Kopenhagen het gebloei. Onder andere het John M’Alpine ʼn skot wat ʼn student van Wittenberg was, daar in teologie klas gegee, “ ʼn mens van heiligheid en ʼn akademiese reus.”

Hierdie is geskiedenis wat ʼn mens se hart laat bruis.

Noorweë en Ysland.

Swede se Gustavas Vasa in 1528 en daarna Christian 111 van Denemarke was die eerste konings wat met Reformatoriese seremonie ingelyf was. Verder Noord het die Reformasie beweeg deur die hand van God, na Noorweë en Ysland. Onder Gisser Enerson, ʼn student van Wittenberg het die evangelie gebring na Noorweë en stadig maar seker inweë in Rome gemaak. Wylie, (1899)  beskryf die reformasie in Skandinawië as: “die son van die Reformasie het sy strale oor elke strand en eiland gegooi en dit beklee met die vrugte van geregtigheid en stemme van die verlossingslied het weerklink.”

D’Abigne, J.H. 1794-1872. History of the great reformation of the sixteenth century in Germany, Switzerland, &C.

Wylie, James Aitken. 1899. The History of Protestantism V2.