Sal Ons Arminiane Sekerheid van Verlossing Gee

Brandan Kraft

Vertaal deur Nico Engelbrecht

Inleiding deur Nico Engelbrecht

Ek stem saam met Brandan Kraft met die volgende voorbehoude: 

Ek plaas die artikel om die erns van verkeerde evangelies te demonstreer sodat diegene wat nie hulle teologie verfyn het nie tog kan dink hoe hulle tot bekering gekom het. Dit is wel ʼn feit dat ons moet die evangelie bring soos Whitfield, Spurgeon en Edwards asof dit ʼn laaste kans tot redding is, die laaste trein op pad na die hemel. Dit is waar dat mense gered word deur God in enige omstandighede maar dat ons moet weet HOE, is baie belangrik. Kom ons lees Brandan se argument wat reguit die vraag beantwoord, hoe is jy gered, deur jou eie keuse en so geregverdig te word en daardeur tog werke te hê plus geloof, of is verlossing totaal deur Christus alleen deur geloof alleen?

Definisie van Arminianisme, Arminiaan:

Die term kom vanaf 354 nC met Palagius, herleef keer op keer tot by Jacob Harmenzoon van Oude Water in 1560. Sy dogma staan bekend met sy latynse naam, Arminius en is dan bekend as Arminianisme.. Vandag het dit verrykende gevolge want die beginsel is dat ons die wil van God kan weerstaan, dat ons ʼn werkende keuse maak met ons verlossing en sodoende ʼn bydrae maak, het veral herleef met die Woord van Geloof beweging met sy oorsprong by Kenyon, Branham, Copeland, Hagin, Hinn, Meyer, Osteen en andere. Die uitvloei van Arminianisme in ons dae is dat ons gode is, God kan niks op hierdie aarde doen sonder ons hom toelaat nie, God kan niks doen sonder ons gebede nie omdat die dogma is dat die aarde aan Satan behoort. Ons en Satan is op die troon op hierdie aarde, God se soewereiniteit is in gedrang, God kan ons nie red nie maar het ons samewerking, ons toestemming en ons keuse nodig. Hy is mos ʼn gentleman wat nie sal indring op ons lewe nie. God moet staan en toekyk hoe sy kind verlore en hel toe gaan. Geen wonder teoloë soos Adro Konig sê dat God verbaas is wanneer hy sien hoe die Twin Towers inmekaar tuimel deur die terroriste daad. Dit is nie die Bybelse evangelie nie, dit is ʼn ander evangelie en ʼn ander valse evangelie red nie.

Kom ons kyk wat Brandan sê.  

Ek haat valse evangelies…..Ek haat dit werklik….Iedereen van julle daar buite wat die Evangelie van Genade glo en liefhet  sal dieselfde haat koester as ek.  Niemand, selfs vaagweg, sal van ʼn lering hou wat die VRYE GENADE van Jesus verdraai in ʼn perverse vorm van self- geregtigheid onder die dekmantel van die evangelie nie.  Dit is die uiterste vorm van aanval op God; maar jammer wekkend neem dit baie vorme aan. Een van die kenmerke van die valse evangelie is, dat mense glo hulle leuens maklik omdat hulle die taal van die ware evangelie misleidend gebruik om hulle self voor te stel. Neem jy ʼn suiwer glas water en sit ʼn druppel arseen daarin dan maak dit dood. So baie wat diegene kwytraak in ʼn ander evangelie is waar maar enige valse evangelie daarin maak dit ʼn evangelie wat nie red nie. As voorbeeld leer die Roomse Kerk ʼn vorm van werke gebaseer op verlossing. Wanneer jy met baie Rooms Katolieke vandag praat sal hulle geskok wees as jy dit sê. offisieel leer die Roomse Kerk dat verlossing is geheel en al van God se genade. Dit is alles goed en wel – en geen ware gelowige sal nie daarmee saamstem nie. Maar wat mense nie verstaan van die Pous se lering nie, is dat hulle werklike lering is, dat ʼn persoon se redding gebaseer is op wat God in daardie persoon se lewe doen deur die genade. Om dit duidelik te stel geregtigheid (justification) word deel van jou eienskappe en sodoende merietenswaardig voor God en nie iets buite jou wat gedoen is nie (deur Christus). (vertaler) Dit is so ʼn sluwe misleidende vorm van werke in verlossing omdat mense in elk geval binne hulle self kyk as verlossings waardig in plaas van buite hulle self na Christus alleen as basis vir hulle verlossing. Dit is dan ook die Wesleyaanse en charismatiese standpunt.

Ek verheug myself daarin dat baie mense wat hulle self gereformeer of Calvinisties beskou die misleidende en perverse evangelie van die Roomse Katolieke Kerk onderskei en weier om sulkes wat in die sisteem van leuens enige sekerheid van hulle saligheid te gee. Om saam te bid en te dien of om gemeenskap met ʼn Roomse Katoliek te hê is om gewilliglik sekerheid van saligheid te gee aan ʼn persoon wat geen kennis het van genade deur regverdigmaking deur geloof en Christus alleen nie. Alhoewel daar baie Calviniste is wat die ander evangelie van die Roomse Kerk herken en weier om gemeenskap met Roomse Katolieke te hê, sal hierdie selfde mense faal om dieselfde onderskeiding te handhaaf met ʼn ander meer dodelike en misleidende godsdiens. Dit fout wat hulle maak is dat hulle misluk om Arminianisme? (Vrye Wil godsdiens) dieselfde as Roomse dogma te behandel.

Indien jy wonder hoekom ek hierdie artikel skryf, laat my dit verduidelik. Onlangs het ek my sterk uitgespreek teenoor die populêre “Vrye Wil” godsdiens van vandag. Inteendeel ek het my so sterk uitgespreek dat ek dinge soos die volgende gesê het, “Alle Arminiane is verlore”, “diegene van Vrye wil aanhang haat God,” en “Arminiane is liefhebbers van hulself.” Ek glo nog hierdie dinge. Maar vir een of ander rede het ek gefaal om wat ek dink in ʼn liefdevolle manier oor te dra. Miskien omdat my skrywe oor die internet oor hierdie onderwerp nie van aangesig tot aangesig gesprekke was nie. Op een of ander manier het ek nie al my gedagtes wat saam met die denke gaan, oorgedra nie. Omrede dit, is ek beskuldig van arrogansie, trots, liefdeloos en ander name. Die beskuldigings is seker regverdig omdat ek slegs een helfte van my boodskap oorgedra het. Ek dink my kritici het nie die passievolle deel van my boodskap gehoor nie, so dit is met hierdie artikel wat ek dinge wil regstel en my liefde oordra vir mense wat vasklou aan ʼn misleidende evangelie. My doel is om waarin ek glo te dokumenteer sodat ek nie langer misverstaan word nie.

Eerstens, laat my ʼn verklaring maak, dat ek glo nie dat ʼn persoon ʼn perfekte begrip moet hê oor die dogma van soewereine genade of TULIP om ʼn Christen te wees nie. Ook dink ek nie die hoof geskilpunt tussen Calvinisme en Arminianisme is hierdie vyf punte van die sinode van Dordrecht nie, alhoewel hulle baie belangrik is. Ek dink die kern van die argument tussen die twee evangelies is die basis waarop regverdigmaking staan. Wat is die basis van verlossing volgens God? Ek kan die hele dag sit en argumenteer met Arminiane oor beperkte versoening, eleksie, en volharding van die gelowiges, maar ek verkies om al hierdie punte te omseil en tot die punt te kom van die ware kontroversie en dit is: REGVERDIGMAKING. Wys my ʼn Arminiaan of enige iemand anders wat glo in “vrye wil”, en ek sal jou iemand wys wat rus in die werke van sy eie gedagtes as die antitese, iemand wat rus in die voltooide werk van Christus alleen. Hoe kan ek so ʼn stelling maak? Dit is baie eenvoudig en dit kom neer om een vraag.

Wat is die uiteindelike verskil tussen iemand wat gered is en hemel toegaan en iemand wat dood gaan en in die hel gestraf word?

Wat is die verskil? Diegene van ons wat die ware Evangelie ken kan bevestig dat Christus Alleen is die verskil. Ons erken dat wanneer Christus in hierdie wêreld ingekom het, het hy Sy mense in gedagte gehad en het hulle in ruil vir hulle sonde Sy geregtigheid toegeskrywe aan hulle op die kruis. Wanneer ons, ons sonde erken en erken dat ons ʼn redder nodig het, erken ons offisieel ons skuldige status voor God en keer ons weg van al ons dade van geregtigheid na die perfekte geregtigheid van Christus. Diegene wat nie hierdie Evangelie ken nie en die Evangelie van Vrye Wil glo naamlik dat Christus vir elke mens gesterf het en die enigste verskil tussen hulle en hulle verlore buurman is hulle vrye wil keuse. Ek moet nog die persoon ontmoet wat waarlik glo in vrye wil wat sal bevestig dat Christus alleen die verskil is. Dit antwoord wat ek altyd ontvang is dat hierdie mense wat ek vra, is dat hulle verlossing af hang van hulle keuse makende vermoëns. Hierdie mense het geloof in Christus PLUS hulle keuse. Hulle het nie hulle sondigheid gesien nie omdat hulle nie bely het van hulle geloof in hulle eie vermoëns om gered te word nie. Hulle kyk na hulle self, gedeeltelik, op dieselfde manier as wat die Roomse Katolieke kyk na God se werk in hulle as wat hulle na Christus se volmaakte lewe van gehoorsaamheid en dood alleen kyk. Dit is die mees misleidenste vorm van afgodediens.

Tweedens, wanneer mense my hoor sê dat hierdie mense verlore is, dink hulle dadelik dat ek bly is dat hulle verlore is. Een persoon wat my goed ken het gesê dat dit lyk asof en bly is die mense is verlore. Laat ek die rekord reg stel…. Ek is nie bly dat die mense wat ek lief en voor omgee wat ook gelowiges is in hulle besluit nemende krag hel toe gaan nie. Ek ken meer Arminiane as wat ek diegene ken wat glo in die Evangelie van Genade. Meestal van hulle is familie en lewenslange vriende. Hoe kan enige iemand bly wees dat hulle op pad hel toe is? Ek is nie bly dat enige Arminiaan wat ek ontmoet op die pad hel toe is nie. Dit is ʼn verontrusbarende gedagte.

Wat meer onrusbarend vir my is, is dat niemand blyk onrustig te wees vir hierdie geliefdes om vir hulle te vertel, “hi vriend, as jy nie bekeer van jou self-regverdigheid na Christus toe nie, sal jy verlore gaan! Wat ek hoor van diegene wat glo in die Evangelie van Genade is dat meeste van hierdie Arminiane broers en sisters in Christus is. Dit vir my is ʼn onrusbarende gedagte, en elke keer as ek dit hoor dan krimp ek ineen. Hoekom moet ons diegene enige gerusstelling gee oor hulle stand voor God? Ek gee toe dat ons niemand moet verdoem nie of met haat behandel nie. Maar om te verklaar dat sommige Arminiane gered is, is om mense gerus te stel wat moontlik nie gered is nie omrede hulle op hulle werke van eie keuse staat maak. Verder vertel dit die res van die wêreld wat kyk na hierdie dogmas van genade wat ons aanhang, is regtig nie belangrik nie. Dit is asof hierdie vyf punte van soewereine genade is net gelowe wat deur enige een opgetel kan word, maar nie essensieel is nie. Dit is asof ons sê dat dit is goed om in iets meer as Christus te glo wat nodig is vir verlossing, selfs as ons die teenoorgestelde glo. Wil ons regtig hierdie valse boodskap uitstuur?

Derdens, glo ek nie dat indien ʼn persoon in ʼn Arminiaanse kerk is dat dit meen hy is nie ʼn Christen nie. Ek was bekeer in ʼn kerk wat bestaan het uit Arminane. Was ek bekeer omdat ek hulle lering geglo het? Geensins nie. Ek was nie ʼn Arminiaan nie, alhoewel ek in ʼn Arminiaanse kerk was. God het na my uitgereik deur Sy woord en my hart van klip in een van vlees verander deur vir my die ware evangelie te openbaar. Kort na hierdie bekering, toe my teologie verfyn het, was dit te veel vir my en het ek die kerk verlaat. Ek kan nie glo dat enigeen wat die ware evangelie ken die valse lering vir lank kan verdra nie. Deur hierdie valse leringe te verlaat, wys hulle, hulle self as ware gelowiges.

Diegene van julle wat hierdie artikel lees en met Arminiane gepraat het, dink hieraan voordat julle reageer. Is jy so seker dat sommige Arminiane gered is omdat jy dink jy was gered as ʼn Arminiaan? Of wil jy nie dink aan jou geliefdes as verlore omdat hulle vasklou aan hulle vrye wil nie? Wanneer ek met baie van hulle praat lyk dit die geval te wees want ek word baie gevra of ek dink dat enige Calvinis gered was wanneer hulle geglo het dat verlossing in enige vorm voorwaardelik op die sondaar was. Is jy nederig genoeg om te erken dat dit moontlik was dat jy nie die evangelie verstaan het nie toe jy ʼn Arminiaan was, of is jy bevrees vir daardie gedagte? Hang jou Christenskap af van jou bekerings ondervinding? Is jy gewillig om te bely dat jou vorige self –  regverdiging sonde was, en te bely dat jy verlos was toe jy tot kennis kom van Christus se  geregtigheid alleen as die grondslag van jou verlossing?

Hierdie is vrae wat moeilik is om te beantwoord omrede ons sondaars is wat haat om met ons sonde gekonfronteer te word. Dit is heeltemal natuurlik. Diegene wat totale verdorwenheid begryp sal weet waarvan ek praat. Dit is nie maklik om gekonfronteer te word nie – en so nou konfronteer ek jou met deernis. Waar staan jy? Word iemand gered deur ʼn valse evangelie te glo? Indien jy ja se dan vra ek jou of jy regtig die evangelie begryp.  Ek het Arminiane te lief om hulle in hulle gemaksone te laat, in hulle sonde van self- geregtigheid. Ek sal eerder sit en luister na ʼn Benny Hinn preek op TV dan na ʼn Calvinis wat Arminiane sekerheid van saligheid gee gebaseer op wat hulle glo.

Ek los jou met hierdie toets:

Is Arminianisme ʼn valse evangelie? 

Indien Ja, gaan na die volgende vraag. Indien nee, hoe is dit dat verlossing voorwaardelik is op die sondaar, die evangelie is? Ek is bevrees jy ken nie die ware evangelie nie as jy dink dat Arminianisme ʼn ware vorm van die evangelie is

Word mense gered deur ʼn valse evangelie te glo? 

Indien nee, gaan na die volgende vraag. Indien ja, sê jy dat dit goed is om ʼn Roomse Katoliek te wees, ʼn Moslem of ʼn Mormoon ook? Indien wel dan ken jy nie die evangelie van Genade in Christus nie. Bely jou sonde en rus in Christus se geregtigheid alleen.

As jy die vorige vrae geslaag het hoe is dit dat enigeen wat ʼn Arminiaan is (glo in Arminiaanse dogma) ʼn Christen is.