Kom ons kyk nou na Postmillennialisme.

Die sienswyse van Postmillennialisme.

In die geval van skrif verdraaiing is daar verreikende gevolge vir die ware evangelie.

Hierdie is basies ʼn militante sienswyse. Waar die Kerk die Utopia, die teokratiese regering, die Koninkryk, die Triomferende Kerk, d.m.v. ongekende wonderwerke en Joël se oorlogsmag, en die mag van nuwe Apostels, profete en gesalfdes die wêreld gaan oorwin en die duiwel d.m.v. effektiewe geestelike oorlogvoering op sy knieë gaan dwing. Nie uitgesluit nie is ware fisiese oorlog deur Christelike regerings asook deur Regerings wat teokraties word wat die wet van God instel oor ander ongelowiges en ander gelowe. Hier is ons in die millennium en dra die Christene by tot die oorwinning oor die wêreld en Satan. Dan, nadat die kerk alles onder sy voete het, kan Jesus terugkeer. Hulle beskou ook dat Christus in hulle vlees gekom het as nuwe Apostels en Profete in die Gees en nou neem hulle die outoriteit om Satan ʼn pakslae te gee.

Hier is weer verskeie variëteite maar net die algemene sienswyse sal behandel word. A.H. Strong, ʼn Postmillenniale “teoloog” verwys na “a period in the later days of the Church militant, when, under the special influence of the Holy Spirit, the spirit of the matyrs shall appear again, true religion be greatly quickened and revived, and the members of Christ’s churches become so conscious of their strenght in Christ that they shall, to an extent unkown before, triumph over the power of evil both within and without.” Syst. Theol., p. 1013.

Hier is verskeie voorstanders soos Rick Joyner, ʼn hedendaagse valse profeet met verskeie boeke en ʼn magdom van verleide aanhangers soos Angus Buchan wat saam met hom op die verhoog verskyn. Angus Buchan probeer sy uiterste om sy sogenaamde Apostelskap te akkrediteer deur tekens en wonders. Hier speel geestelike oorlogvoering ʼn groot rol en een van die leiers, Wagner, is ʼn bekende naam in die geestelike oorlog stryd. Sien die ses artikels oor Geestelike oorlogvoering: True Spiritual Warfare. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=category&id=9:spiritual-warfare&Itemid=9&layout=default

Strategie

Hier gaan die charismania desepsie heeltemal oorboord. Daar is musiek in oorlogvoering, gebedslope, territoriale geeste wat gebind word, identifisering van voorouer geeste, massa samekomste om transformasie te bewerkstellig. Indien al die geestelike oorlogvoering effektief was dan was die wêreld al gesuiwer en kan die Christen die wêreld oorneem. In plaas van enige verbetering, soos minder misdaad is alles in ʼn erger toestand. Daar is meer misdaad, minder Christelike regerings, Islam groei meer as die Christelike kerk en valse leerstellings neem toe. Inteendeel die ironie is; dat hulle oorlogvoering is teen Christus se wil want in die laaste dae sal daar moeilike tye kom vir die Kerk en nie ʼn triomferende Kerk nie, nieteenstaande wat die Skrif sê.

Volgens hulle was Christus se kruisdood nie voldoende nie en die Satan is in beheer en sonder die super apostel kan die Here niks doen nie. Die kerk moet sy deel bydra en Christus kan sonder die nuwe Apostels en Profete nie veel doen nie. Paulus gaan kom hand skud met die wederkoms om diegene geluk te wens oor wat hulle alles verrig het. Sien die vergelyking van: True and False Gospel. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=category&id=17:challenging-false-doctrines&Itemid=9&layout=default

Die Post Moderne Postmillennialisme

Dan is daar die latere vorm van Postmillennialisme. Dit is heelwat verskillend van die geestelike sy van die saak maar tog nie veel verskillend van hulle geestelike vriende Postmillennialiste nie, maar hulle glo nie dat die nuwe era ingelyf gaan word deur die werk van die Heilige Gees met Goddelike ingryping nie. Dit sal ʼn evolusionêre proses wees wat die era sal inbring. Die mens sal self die nuwe era bring deur konstruktiewe politiek van ʼn wêreld verbetering. Almal sal vry wees, broederskap, die armoede sal uit die weg wees. M.a.w. ons moet ons eie millennium laat plaasvind ʼn Paradys en Utopia sonder God.

Beide hierdie sienswyses is direk in konflik met die Skrif. Die wêreld gaan nie ʼn beter plek word nie, inteendeel die Skrif verklaar onomwonde daar sal ʼn tyd wees van geestelike verval. Tydperke van vervolging, ekonomiese verval, geen geloof en valse leraars en valse tekens en wonders is die tekens wat die Skrif aan ons voorhou.

Kyk na die magdom van Skrif wat dit duidelik uitspel.

Matt. 24:6-14 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Luke 18:8; Luke21:25-28; 2Thess. 2:3-12 2 Tim. 3:1-6; en die hele Openbaring 13.

Dan die sienswyse wat die hedendaagse liberale akademiese teoloë onderskraag dat dit ʼn evolusionêre proses is sonder of met God se steun dat Hy in ons werk om te wil en te doen maar ʼn toeskouer is, is totaal onskriftuurlik. Met diegene kan ons die voeg van die Jesus Seminaar. Die Bybel leer ons spesifiek dat dit ʼn ingryping van God sal wees.

Sien artikel van die Jesus Seminaar en almal wat betrokke is. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=5:die-jesus-seminaar&catid=5:afrikaans&Itemid=8

Agteruitgang van die wêreld

Matt. 24:29-31, Matt 24:35-44;  Heb 12:26  Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 

Heb 12:27  En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 

Heb 12:28  Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. 

En nog Skrif: 2 Pet. 3:10-13. 

Dit is nie die werk van mens nie maar ʼn werk van God om die glorieryke Koninkryk van God te bring met die heerskappy van Jesus Christus. Suiwer logika sê vir ons dat die laaste eeue op hierdie aarde het mens nie meer hoogtepunte bereik as wat dit gedurende die hervorming gehad het nie. Nooit sal daar antwoorde teen misdaad, terrorisme, armoede, siekte, ellende, oorloë, geestelike verval wees nie. Vordering in tegnologie verskaf nie antwoorde nie. Teologie is nie soos dit was gedurende die sestiende en sewentiende eeu nie daar sal nooit weer die gelyke van ʼn Calvyn asook kuns en musiek ʼn Rembrandt en ʼn Beethoven, oplewer nie. Die kunste het na die reformasie self ʼn reformasie ondergaan deur realisme, soos Dürer (sien sy olieverf onder) wie se vriende Lutherse hervormers, Lazarus Spengler (1479–1534) en Philipp Melanchthon (1497–1560) en Martin Luther (1483–1546) was. Hy het sestien van Luther se pamflette gehad en het van sy werke as ʼn geskenk aan Luther geskenk. Die Post Reformasie Hollandse skilders se goue eeu was Protestante, in die republiek van Holland, wat die natuur sy regte plek gegee het. http://www.nga.gov/collection/gallery/dutch.shtm

Die mens vorder tegnologies maar verder boer hy agteruit. Hierdie ondervinding dwing aanvaarding op die mens af dat net God verandering kan teweegbring.

Die volgende proponente van ʼn Triomferende kerk en dat hulle verantwoordelik sal wees vir die instel van die Koninkryk van God is tipies van ʼn Postmillenniale teologiese wanordelike sienswyse. Basies is die “Manifesterende” seuns van God se ideologie die volgende: Hulle beskou hulle self as die gesalfdes waar Jesus nie persoonlik terugkom nie maar in hierdie millennium in sy Gees gekom het en dat hulle super spiritualisties en bekragtig is om die Koninkryk te vestig. Ander asook die Assemblies of God het hulle gedistansieer van hulle ideologie maar dit het weer populêr geword. Baie van die Premillennialiste soos Dave Hunt, die Discernment Ministries en die Berean ministries Johan Malan verdoem korrek die onheilige praktyke maar ongelukkig het hulle net ʼn halwe waarheid en is hulle self skuldig aan ʼn ander evangelie die van premillennialisme, wat nie te vinde is in die Skrif nie. ‘n Halwe waarheid is geen waarheid.

Sommige van die mense is betrokke Oorlogvoering:

Die volgende paragraaf is nie in Afrikaans nie maar hopelik sal u na dit kyk:

Bob Beckett,
He is a committed member of the Spiritual Warfare Network and is on the Executive Board of Generals of Intercession. Bob was widely interviewed and used extensively as a source on the film “Transformations”

Beckett pastors is into the laughter movement.
Francis Frangipane
Francis Frangipane’s church has been involved in the laughter movement for a number of years and has written several books. Lighthouses of Prayer Quote from this page: “”God has entrusted us to fill His plans and purposes for reaching our cities for Him. He has called, chosen, and commissioned us to conquer our city”. Francis Frangipane has been associated with the “Kansas City Prophets”.

Dutch Sheets
Dutch pastors a Vineyard church which is into the laughter movement. He wrote the book, “”River of God””, endorsed by Rick Joyner (a “prophet” in the laughter and restorationist/dominionist movement),

Paul Cain
(Laughter movement prophet, former second in command to William Branham),
Sheets doctrines include a belief that man has absolute authority over the earth and that Gods needs us to permit him to act (intercessory prayer) or he cannot act upon on earth.

George Otis Jr.
Theology movement which denies the orthodox view of Christ’s substitutionary death on the cross paying for our sins, the doctrine of the original sin and the sin nature of man, among other things.

Paul Cain
Over 50 years ago, William Branham, George Warnock, Paul Cain and others attempted to introduce Latter Rain/Manifest Sons of God teachings into the Pentecostal movement. In Paul Cain, the Kansas City Prophets and Vineyard Ministries have subsequently reintroduced and successfully established this false doctrine in the Pentecostal churches

Michael Pierce
Michael Pierce and his ministry “Christ for Your City” endorse and recommends books by authors such as Peter C. Wagner, Cindy Jacobs, Dutch Sheets, Bob Beckette, George Otis Jr., etc. Michael is a member of the Western Ontario Renewal Network which endorses the Toronto Blessing/Holy Laughter movement. John Dawson
John Dawson is director of Youth With a Mission (YWAM) in Los Angeles, California, and teaches on spiritual warfare (of the form taught by Peter Wagner)

Peter C. Wagner
Wagner’s World Prayer Center is situated on the property of Ted Haggard’s charismatic New Life Church, a church where people reportedly see angels. One of the many groups that Peter Wagner has formed or is involved with is called the Apostolic Council of Prophetic Elders, an internationally recognized authority on prayer and spiritual warefare. http://www.ministrytothenations.org

Cindy Jacobs
Involved with the Generals of Intercessions and Peter Wagner’s Apostolic Council of Prophetic Elders. One of the prophecies of the council is “The church will be in key transition period between 2000-2003. Holy Laughter movement, and which was one of the triggers for the Toronto Blessing and Pensacola Outpouring (see following website for more information on the Toronto Blessing and Pensacola Outpouring).

Ed Silvoso
Ed Silvoso endorses the Toronto Blessing/Holy laughter, drunkenness in the spirit, etc..(Ref: Interview with Noel Stanton of the Jesus Army Newspaper)

Ruth Ruibal
The Sentinel Group founded and presided by George Otis, Jr., who also produced and sells the “Transformations” movie which feature Ruth Ruibal during it’s presentation of Cali.

Julio Ruibal
The Prayer Cave is a “Word of Faith” church, under the ministry of Rudi and Sharon Swanepoel. They do not teach sound Biblical Christian doctrine, but rather teach Word-Faith doctrine. Swanepoel, on their website indicate that they have been impacted by the ministries such as Rodney Howard Browne and his brother Gil. Rudi is an ordained minister of the Apostolic Faith Mission of South Africa. They appear to support “drunkenness in the spirit”.

Herald ministries Gerda Leightgöb.

Strategie

Volgens Johan Malan is ʼn Organisasie wat ook ʼn groot rol speel om hierdie vreemde soort geestelike oorlogvoering in Suid-Afrika te bevorder, is NUPSA – ds. Bennie Mostert se “Network for United Prayer” in Southern Africa. Hy verwys ook in ʼn baie positiewe sin na Peter Wagner, bied sy boeke te koop aan en praat met groot lof van George Otis en sy “Transformations” video. Dan sê hy verder dat NUPSA het intussen ook by die bediening van “Cleansing Stream” betrokke geraak. Dit behels hierdie nuwe benadering van geestelike oorlogvoering, maar net op ʼn persoonlike vlak. Die beginsel bly dieselfde – die blaam vir probleme word van mense af na die duiwel oorgeplaas, dan word die demone uitgedryf – ook uit Christene! Geestelike probleme word dus nie na die vlees [die ou, sondige natuur] met sy hartstogte en begeerlikhede herlei nie, maar na demone. “Cleansing Stream” het uit Amerika na ons oorgewaai. Onder die leidende persone in hierdie bevrydings­bediening is Jack Hayford en dr. Scott Bauer van “The Church on the Way” en Joy Dawson van YWAM. Die aanspraak word gemaak dat die Here deur hierdie bediening sy kerk skoonmaak deur wonderwerke van genesing en bevryding waarin die werke van die duiwel verbreek word. Die uitgangspunt van “Cleansing Stream” is dat redding nie genoeg is om mense van demoniese bindings te bevry nie, en dat daar ander stappe nodig is om volle vryheid te verkry. Hulle baseer hierdie teorie op die drieledige natuur van die mens – gees, siel en liggaam. Volgens hulle word by jou redding net jou gees bevry, met die gevolg dat demone hulle nog in jou siel of liggaam kan skuil hou. Jy het dan bevryding deur middel van geestelike oorlogvoering nodig om ten volle verlos te word. Demoniese bindinge kan volgens hulle ook van jou voorgeslagte af oorgeërf word.

Gevolge van Onskriftuurlike Geestelike Oorlogvoering

Wanneer ons aktief aan offensiewe oorlogvoering deelneem wil ons geestelik doen wat Hitler, die Rooms Katolieke Kerk, die Ortodokse Kerk in Yugoslavia fisies gedoen het. Dan het ons alreeds gesien wat die Kruisvaarders in die naam van die Kerk gedoen het wanneer daar verkeerde eskatologies sienswyses is. Hulle het ʼn kruis in die hemel gesien en dit het die embleem geword van fisiese oorlogvoering teen ongelowiges asook gelowiges wat sê dat ʼn mens net uit geloof gered word. Hedendaagse Postmillennialiste doen aktief onskriftuurlike geestelike oorlogvoering om die Kerk uit te brei, maar al wat veld wen is Islam, en waar hulle “suksesvol” is en die een vesting van die bose afbreek kom daar sewe ander in sy plek.

Vishall Mangalwadi, ʼn bekeerde Hindu Panteïs, het die volgende in sy ope brief gesê wat gepubliseer was in Mision Frontiers in Maart1999:

“It is necessary to articulate afresh a Christian vision for India because the language of the “spiritual warfare” movement has become the main justification for the present persecution. (If a tiny section of the American church has declared India to be an “enemy territory” that has to be conquered,” surely the target group has a right to defend itself.) Is God seeking to bless India or to conquer it? The Indian church needs to have theological maturity to stand up to the teams of naïve young missionaries for America who today assume they are the ones to define what “spiritual warfare” is all about. Their naiveté derives from a theology of spiritual warfare that is neither from the bible nor from Church history, but from Frank Perretti’s excellent fiction. Also from the film Braveheart. Understandably, it does confuse the focus of some Indian Christians.” How will the Hindu react if we come and claim their land for the Kingdom of God. They will react in a militant manner. If we go on Jesus marches what does it signify, militancy. We should be pre-occupied preaching the gospel of reconciliation. Our misplaced theology cost millions for sincere Christians but their investment is ineffective in terms of fruit.” 

In die nuusbrief “Die Stem van die Martelare” van Maart 2008, skryf dit, “As jy graag ʼn rit op ʼn olifant in Indië wil onderneem of die Taj Mahal gaan besigtig, maak seker dat jy nie iets oor Christus rep nie. Jou olifant kan dalk net in ʼn polisiemotor verander of die Taj Mahal kan ʼn tronksel word. Sewe Indiese state wat van kus-tot-kus strek, het nou anti-bekeringswette wat daarop gemik is om Christenbekeerlinge te beperk en te vervolg. Ook in ander state word Christene dikwels geslaan.”

Die vraag is, is fisiese vervolging erger as geestelike vervolging deur Christus se geboorte en hemelvaart as mites te verklaar soos die sogenaamde Nuwe Hervormers? Die antwoord is nee, beide is panteïsties/panenteïsties asook geestelike vervolging is die ergste vorm. Maar, net soos 2000 jaar gelede kan God steeds ʼn aanvaller in ʼn evangelis verander. Soos die van Narayan Gowda, ʼn voormalige leier van ʼn radikale Hindoe-bende en ʼn vervolger van Christene, wat ʼn dienskneg van die vervolgde Christene geword het.

Gevolge van die Postmillenniale sienswyse.

Daar word vir allerhande tekens en profesieë gewag. Daar was die fenomene van goud stof wat verskyn, die Toronto seëninge wat die begin was van die goue tydperk van die kerk. Die herstel van rykdom aan die gelowiges, die herstel van wonderwerke en wonderwerkers. Die profetiese herstelling van die kerk en nuwe apostels en profete wat die goue era gaan inlyf. Die Toronto seëninge met sy onbeheerste gelag en akrobatiese manifestasies asook die “slaying in the spirit” was tekens dat die instelling van die Koninkryk hier is.

Die valse verwagting deur die Charismatiese beweging wat ʼn super herlewing met ongekende massa bekerings tot gevolg. Kim Riddlebarger het gese dat die bewegings en manifestasies is besig om te verdwyn. Sulke valse dinge kom en gaan maar die Kerk bly staan.

Die geestelike oorlogvoering voordat sending gedoen word om die grond voor te berei en die lug te suiwer van Satans magte word gedoen deur Pre-Post-en Gereformeerd, meeste Christene raak betrokke by die nuttelose bravade sonder om die teologie agter die strategieë te begryp. Ons spring in die rivier en op die wa, want hier is iets nuuts. Hier word baie energie, tyd, en geld bestee aan ʼn nuttelose praktyk want dit is klaar deur Jesus gedoen soos ons sal sien in  Amillennialisme siesnwyse.

In Indië het daar moorde plaasgevind op Australiese sendelinge en hulle kinders wat melaatses versorg het vanweë die militante geestelike oorlogvoering deur begeesterde Amerikaners met wan-praktyke omdat die inwoners dit beskou as aardse besetting. Wanneer die entoesiaste die land vir Christus annekseer, blyk dit vir die inwoners ʼn militante optrede te wees.

Chinese Christene wat nie ryk, gesond en voorspoedig is nie dink hulle is nie Christene want valse leraars soos Benny Hinn, Kenith Haigin, Kenith Copeland, die Rhema beweging leer dat Christene moet ryk, gesond en voorspoedig wees en hulle is dit nie. Die sogenaamde “Name it and Claim it” godsdiens. Die voorstanders van valse “Health Wealth en Prosperity Gospel” Al wat ryk word, is die “predikers” wat die weduwees beroof en die gemeente se wol vir eie gewin gebruik. Die Chinese in vervolging dink dan ook die Opraping is verby want hulle leef in die tydperk van groter verdrukking en volgens die premillenniale siening is die kerk weg en hulle het agter gebly.

Dit voel so Lekker, Narsistiese Kerke 

Tesame met die goue eeu van vooruitgang is daar nou die ander evangelie sonder kruis en Christus. Dit is die van Rick Warren se kerk en dan ook Joyce Meyer en ander nuwe Apostelines wat gaan oor persoonlike sukses en die sluwe meester van almal, Joel Osteen.

Alles gaan oor geld, die TBN se Televisie leraars is ʼn openlike skande vir die kerk en dit neem ongelukkig die ongelowiges om deur hulle onbybelse strategieë van self verryking te kan sien. Hulle sluit kamstige vennootskappe met Christene, net om jou te beroof met die godslasterlike belofte van materiële seëninge. Andre Roebert (neef van oorlede Edmund Roebert wat homself beskou het as een van die gekose Apostels om die valse Toronto seëninge te versprei) vra skaamteloos vir geld wat hulle aan die voete van die gesalfdes moet neerlê met die belofte om dan sodoende materiële seëning ontvang. Hy is een van Rodney Howard Brown se dissipels.

Slot

Hier is nie sprake van nederigheid, sagmoedigheid, defensiewe staande bly onder God se beloofde beskerming. God Alleen kry die eer vir verlossing, vir oorwinning oor Satan en vir oorlogvoering.

Die Skrif spreek vanself dat dit n onskriftuurlike beskouing is van die Eindtye.

Sien The Vision en The Old Rugged Cross. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=category&id=12:true-and-false-teaching-of-the-future-of-the-churc&Itemid=9&layout=default

Nico Engelbrecht

www.reformedtruth.co.za

Teologie aan die gewone hemelse burger.

Soli Deo Gloria