In Christendom is daar net gelowiges en ongelowiges in Jesus Christus as Verlosser wat histories geleef, histories, gesterf en uit die dood uit histories opgestaan het. Daar is geen grys areas nie, of jy glo in die Skrif Alleen of jy glo nie. Gelowiges of Verlostes uit die geestelike dood en verdoemdes of ongelowiges wat bly in die geestelike dood.

Dat jy geregenereer word, of die populêre woord, wedergebore word, is en bly ʼn bonatuurlike gebeurtenis. Die Orde Solutis is nie soos die populêre sienswyse van Charismania se verdraaide teologie is nie. Die Bybelse sienswyse is dat Regenerasie eerste plaasvind omrede; in jou ongelowige toestand is jy geestelik nie in staat om Die Geloof te begryp en te verstaan nie. Al het jy ook al die kennis van die Heilige Skrif dan kan dit nie geloof opwek nie. Dan kan ek net sê; dat al het jy al die kennis van geskrifte teen die Bybel kan dit nie Die Geloof wat jy het, wegneem nie. Wat diegene van die Nuwe Hervormers nou begryp kan in ʼn oomblik soos die kaarte huis van hulle begrip, inmekaar stort wanneer hulle Die Geloof uit genade geskenk kan word, as dit God behaag. Slegs dan sal hulle die kop in skaamte en berou laat sak en op hulle bors slaan en bely dat hulle sondaars is en verlossing nodig het. Want sien; Die Geloof, wanneer jy geregenereer word, word vir jou gegee, geskenk. Dit is meer werklik as wat jy by die graf gestaan het, as wat jy by die kruisiging was, as wat jy die opstanding en die hemelvaart met jou eie oë aanskou het. Jy kon daar gestaan het en dit nog nie begryp het nie. Dit is ʼn besondere openbaring, Die Geloof. Sonder dat jy dit “gesien het, verstaan het” kan jy nie Die Geloof begryp nie, kan jy nie die Opstanding begryp nie en bly daar ʼn soeke dat dit ʼn mite is wat tog iets beteken, waarna jy soek, na die werklike betekenis. Slegs vir die wat dit “Gegee is” kan dit begryp en dan met dankbaarheid aangegryp. Dit is dan verstaanbaar dat daar min is wat die Waarheid vind want jy vind dit nie, dit vind jou. Met regenerasie, die wedergeboorte sien jy vir die eerste keer, begryp jy dat jy verlore is in jou sonde en dat daar ʼn uitkoms vir jou is.

Kyk na die artikel oor die Oerbelofte. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=179:die-oerbelofte&catid=5:afrikaans&Itemid=8

Indien jy dit begryp, of geestelike insig het dat die boodskap van die Bybel van Genesis tot Openbaring gaan oor Jesus Christus. Die Nuwe Testament was nie nodig vir Paulus of vir ons vandag om die Boodskap te verstaan nie, want soos Jesus gesê het dat alles spreek van Hom, al die profesieë was vervul in hom en het altyd die Oue aangehaal, die Skrif om te wys dat ons moet nie op wonderwerke staat maak nie, maar wat Geskrywe is.

Dit was nie ʼn mite, gelykenis of versinsel nie en dit was posterior van alle ander volksverhale.  ʼn Mite het of gebeur of nie gebeur nie. Soos Calvyn in sy Institute vertaal door DA SIZOO ʼn opmerking maak:  “Immers zij vragen, wie ons verzekerd heeft, dat door Mozes en de profeten geschreven is, wat onder hun naam gelezen wordt.  Ja zelfs durven zig de vraag te opperen of er wel ooit een Mozes geweest is.  Maar indien iemand in twjfel trekt, of er wel ooit een Plato geweest is, of een Aristoteles, of een Cicero, wie zou dan niet zeggen, dat zulk een krankzinnigheid met klappen of zweeepslagen gekastijd behoorde toe worden?”

Kyk na die artikel rondom die Jesus Seminaar en die Nuwe Hervormers.

http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=5:die-jesus-seminaar&catid=5:afrikaans&Itemid=8