DIE OORLOG

Open 12:7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; :8  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

Wat ek in my eenvoud kan aflei is dat daar drie neerwerpings van die Satan was (Oorloë, menslik gesproke). Daar is ʼn vierde wat eskatologies is, en dit is Satan in die poel van vuur gewerp. Tog is dit nie nodig om te spekuleer en afleidings te maak wat bevraagteken kan word oor die onderwerp nie, dit is genoeg om te weet wat hier gebeur het. In die konteks van Openbaring 12 is dit duidelik dat dit opeenvolgende gebeure is in God se Verlossingsbetrokkenheid geskiedenis van die mens. Die oorlog gebeur na die hemelvaart en is dus Satan se uitwerping.

Die eerstemet Sy rebellie in die hemel, wat moontlik voor die mens se skepping was. Ek sê net dit is ʼn afleiding, versigtige akademici sal nie altyd saamstem nie omrede dit betrekking het tot Belsasar en Etbaäl, aardse heersers, maar tog kan ons dit nie betwyfel dat dit Satan soos ʼn handskoen pas nie, of anders gestel; dat die heerser soos Satan se gedrag was. Satan se neerwerping word getipeer as Belsasar die heerser oor Babilon, so is Satan die heerser oor die Stad van die wêreld, die man, die Antichris, is Satan. In Esegiël 28 is dit die koning van Tirus, Etbaäl 111 590 VC wat so poëties beskryf word: Eze 28:13  Jy was in Eden, die tuin van God; Daar is diegene wat dit allegories interpreteer as ʼn misterieuse gebeurtenis van die beskrywing van Satan se uitwerping uit die hemel. Henry Matthew was hier versigtig en het gesê dat indien daar so ʼn tipe van die Satan is, dan sal hy liewers aanvaar dat dit na Adam en Eva verwys as die tipe in Esegiël; dat Etbaäl net soos Adam en Eva opgetree het deur soos God te wil wees. Lees Esegiël en beleef die mooi poësie en sien die mooi skatte wat die deel oplewer. Dit is wel so dat agter die mens se karakter, sy god wil wees, sy magsbehep, (deel van die bose in die mens) gebruik sy vader Satan om wat hy dink is sy doelwit, maar in werklikheid God se doelwit te bereik. Daarom is Belsasar, Etbaäl, Nebukadneser en onlangs Lenin, Mao, Castro, ja selfs die Demokrasie verander in ʼn Magtige heerskappy wat oor die mens regeer; ʼn uitlewing van Satan se regering. Kyk maar na Amerika; mense regte het ʼn euwel geword, kinders neem ouers hof toe, onderwysers verloor hulle werk indien hulle godsdiens leer, as jy op straat die Bybel verkondig dan word jy in hegtenis geneem. Jy kan nie sê wat jy wil nie al is daar sogenaamde vryheid van spraak. Ek was op die plesierboot die Liberty of the Seas vir ʼn konferensie oor Gereformeerde Teologie toe ons die laaste aand genooi is na die Ysskaats vertoning. Die kinders was raserig en die afkondiging was dat die kinders hulle moet gedra. Die Senator van Nebraska se Ma sê vir my, „jy is nie toegelaat in Amerika om dit te sê nie.” Dit was nogal ʼn skok vir my en toe besef ek wat die Amerikaners nie besef nie dat hulle in ʼn polisiestaat bly. Demokrasie word ongemerk dwingeland en dit wat dit bevorder is vrees vir interne terrorisme, peste en die immigrasie van Islamiete, wat se leuse is: Die Koran of dood. Babilon is in despotisme en demokrasieë waar die Satan as die man Antichris regeer. Babilon is in demokrasie.

Die tweede neerwerping is ook misterieus en dit is dat hy op sy maag gaan seil, stof eet alreeds by die begin van die Heilsleer. Hy was nie soos ʼn gedierte met stembande soos ʼn papegaai nie, soos ons populêr vertel was; wat hier bedoel word is ʼn vooruitskouing na die mens wat op hom sal trap en teëstaan en staande bly in geloof teen die Satan, dat die mens in Christus oor hom sal heers, sy grootste vernedering dat die een wat hy haat gaan hom stof laat eet en op sy maag seilsy knie sal buig.  Psa 72:9  Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek. (oorwin word). Luk_10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. 

Die geestelike vervulling van die derde „oorlog” was toe die Dissipels in opdrag van Jesus die Evangelie verkondig het. Dit was die proloog tot volslae oorwinning. ʼn Vooruitskouing wat al klaar sy krag vertoon het met die koms van Christus se oorwinning in die woestyn teen die slang met die Woord van God, en dan op Golgota toe ons aanklaer, Satan se aanklag teen ons vasgenael is op die Kruis en die Satan sodoende gebind in die opsig; dat hy diegene uit God gebore nie in die hemel kan aanklae as skuldig en sondig nie.

Enige oorlog tussen Satan, die mens en God is nie met wapens nie maar geestelik. Daar was die skaduwees, die tipes, die beelde in die Ou Testament wat alles dui op Christus se geestelike vervulling daarvan. Noem dit maar: ontdek dit self, ek gaan net dit noem wat op Openbaring betrekking het. Die letterlike val van Satan uit die hemele met sy „soos god wees”, was ʼn Woord wat hom neergevel het, nie ʼn oorlog teen God nie. Satan was uit gestoot uit die hemel, God het hom uitgewerp. Satan kan nie sy Skepper aanvat nie, hy kan wel teen Sy skepsels „oorlog voer” (leed aandoen, waarheid verdoesel, die mens verlei, hulle sif in kaf en koring en verlei deur die mens se begeertes en swakhede). Dit was die eensydige stryd toe die Engel in rebellie teen God gekom het. Die skaduwee stryd se geestelike vervulling, of liewers, die parallelle daarvan was die stryd waar Christus die dooie mens geregtelik uit Satan se heerskappy verlos het deur die mens weer laat gebore word sodat hy daardie Wet van God volkome kan onderhou en gereinig word deur om in Christus verborge te wees. Die Wet van Geloof te onderhou, gekruisig saam met Christus. Hoe? Deurdat die God – Mens Homself die vloek te word, deur God gestraf te word vir ons misdade, ʼn Lam te word wat dit moontlik maak dat die sonde van sommige Jode en Heidene weg te neem. Christus en Sy engele het so teen die ou slang oorlog gevoer wat die mensdom wou vernietig. Ons sien dat die draak en sy engele nie direk teen Christus en sy engele oorlog voer nie want die kan nie want hy is God se skepsel in Sy diens en sy uitwerping uit die hemele toe hy in opstand gekom het in die hemele en van sy posisie in die hemele ontroon is. Daarom is dit ʼn eensydige oorlog in die hemele, Satan se rebellie uit die hemel en Satan se vervolging van die mens, sy laaste gebied van jaloesie van die mens wat hoër as hy word. Soos ons in Job en Josua sien kon die Satan nog voor Jesus se koms die mens nog hou in sy heerskappy vanwaar hy regeer oor die dooie gevalle, geoordeelde sondaar (want almal is kinders van Satan en dood in ons sonde) want die Wet van God oordeel almal wat Sy Verbond oortree, eers was dit ʼn eenvoudige skeppings verbond; julle mag nie van die boom eet nie anders sal julle sterwe en die verbond is verbreek. Toe kom die 10 Gebooie wat dit onmoontlik maak om deur werke God se guns te kan wen. Toe Jesus verskyn was dit die Wet tot die tiende mag, jy word veroordeel al dink jy kwaad het jy moord gepleeg. Die wet van geloof egter, was genade in die Oue (nog voor die Mosaïek Wet) soos genade in die Nuwe. Rom_3:27  Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.

In die Oue het hulle vorentoe gekyk in geloof na verlossing, na die Kruis wat gaan kom en in die Nuwe kyk ons terug na Verlossing Volbring. In geloof is diegene in die Oue verlos in geloof in die Nuwe Verbond. Net soos Joshua bekleed is deur God as ʼn genade daad van God, want Joshua kon homself nie reinig nie dit was God en Satan was stom. Zec 3:3  En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan. :4  Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. Verlossing is van die Here.

Die Engel was in die hemel en na sy rebellie is hy uitgewerp en sy naam is eers slang en draak na hierdie uitwerping. Die Slang, (nie ʼn slang nie maar sy karakter soos ʼn slang en draak) die draak se wond, die verbryseling van sy kop (heerskappy) was die een op die kruis waar hy uitgewerp is in die opsig dat hy nie meer voor God kan verskyn om die verlostes aan te klae nie, hy het wel reg om diegene wat nie deur die bloed van Jesus verlos is en was nie, nog aan te kla want hulle word bevind buite Christus, die skuldbrief teen hulle is nie vasgenael op die kruis nie, maar nog in Satan se besit, dan is jy geoordeel.

Die Verlostes kan nie deur Satan aangeraak word nie, omrede hulle is verborge in Christus en enige aanklag teen hulle is ʼn aanklag teen Christus.

Hierdie Oorlog van Migael en sy Engele is nie die massiewe sprong van millennia skielik na die einde van die wêreld nie, nee, dit is eenvoudig die volgende versie wat verduidelik wat in die geestelike ruimte gebeur het met Jesus Christus se opstanding en hemelvaart. Die beeld van die Oorlog in die hemele (dit wat onsigbaar is, dit wat verhewe is oor die aarde), die beeld is dit wat plaasgevind het in ruimtelike, in die geestelike, vir almagtige veranderinge wat plaasgevind het toe Christus uit die dode opgestaan het en opgevaar het om aan die regterhand van die Vader te wees. Daar was die Satan en sy mag neergewerp- ʼn slag waarvan Satan se koninkryk nooit van herstel het nie en nooit sal nie. Satan se koninkryk het ʼn doods wond gekry. Die duister is verblind deur die Lig van ʼn nuwe dag wat gebreek het toe Christus uit die dood opgestaan het. Neergewerp op die aarde beteken Satan se val van sy vorige oorheersing oor nasies. Die antieke tirannie van Satan oor die mens se gewete was vir ewig verbreek. Satan moet nou ʼn nuwe strategie aanwend, en dit is om leuens te versprei dat hy nog in volle beheer is om die mens nuttelose oorlogvoering te laat doen, nuttelose aanvalle in plaas van ware geloof te hê in die wat werklik op die kruishout plaasgevind het. Die Prins van hierdie wêreld was geoordeel op die Kruis. Hemele en ons verheug ons in Satan se gevalle toestand. Migael het altyd in beskerming van Israel gestaan en by die Kruis het Migael hom neergewerp. Migael, “soos God” Migael is Christus. Satan se krag was in die Wet. Hy kon net na die Wet toe wys en vir ons aanklae dat ons dit nie gehoorsaam nie. Abraham kyk na ʼn hemelse stad in die toekoms, die Verlosser, die ware geestelike Israel, ons kyk terug na hierdie Groot Oorwinning.

1Co 15:56  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. :57  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 2Co 12:2  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

Die Paradys van God, waar God sy heerlikheid ten toon stel, waarom sal God weer kom regeer op ʼn aardse Koninkryk van ʼn millennium Utopia van die Literaliste se Rasionalisering van die Skrif.

Rasionalisasie is Satan se sluwe leuens, letterlike begrip om die mens weer na sy vlak te neem om God weer mens te maak, soos om God se almag nie raak te sien nie en te dink dat die mens seggenskap het oor sy toekoms. Met die koms van die evangelie het ons Verlosser deur sy woorde aangedui dat die koms van die evangelie die Satan neergewerp het.

Luk 10:17  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.:18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. :19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. :20  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is. 

Dit was vooruitsiendheid van die magtige omverwerping van Satan deur Christus se eie glorieryke offerhande, opstanding en opvaring na die hemel om te sit aan die regterhand van die Vader, die eerste vrug, die eerste opstanding wat Jesus gelei het vir die wat Hom volg, die martelare en die dooie wat sterwe in Christus, dit is die eerste opstanding. Wat ʼn opstanding vir ons geliefdes wat sterf in Christus. Dood is oorwin, ons lewe vir ewig, jy gaan nie dood nie, jy gaan nie na ʼn plek van afsondering nie, Nee, ons sien duidelik in Openbaring dat ons saam met Christus is. Islam pleeg selfmoord om by hulle paradys te wees, 2000 maagde, ook vir die van ander oriëntasies, 2000 jong seuns wat altyd jonk bly. Riviere van wyn en vleis wat jy wil hê. Wat ʼn paradys om na uit te sien en wat ʼn geloof om jouself in duisende stukke op te blaas. Die letterlike belonings is net so verwerplik as diegene wat ʼn aardse koninkryk en rykdom verwag in die vorm van ʼn sogenaamde duisendjarig vrederyk en die ander vorm die Koninkryk van God stig deur die sogenaamde nuwe apostels en profete van koninkryk nou teologie met sy Gesondheid, Voorspoed en Rykdom evolusionêre beginsels. (Sonder Christus want Christus het in hulle vlees gekom). Sonder die Kruis Oorwinning was ons verdoem en in Satan se arms en nie in Abraham se boesem nie.

Dit is betekenisvol dat die laaste Heilige Week voor Jesus se Passie-wys Jesus profeties na wat sal gebeur wanneer Hy sterwe. Joh 12:31  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word. :32  En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. Col_2:15  nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. 1Pe_3:22  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is. Nou,dieselfde Nou Rev 12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

“ DIT IS VOLBRING” Jesus se laaste woorde. Jesus was opgelig op die kruis en die Satan was neergewerp. SATAN VAL BY SY EIE HAND IN DIE OOMBLIK VAN SY GROOTSTE TRIOMF. Satan het sukses en sy sukses bevoordeel die evangelie. Satan se val van sy heerskappy oor die nasies het gebeur toe Christus gekom het. Sy beheer oor die mens se gedagte was gebreek. Die sluier, die bedekking is verwyder in die Berg. 2Co_3:14  Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Isa 25:7  En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is. Die heilige berg. Joel 3:17. So is Satan gebind, hy kan nie meer diegene wat Christus uitverkies het met ʼn sluier bedek nie, beperk in sy mag, in so ʼn mate oorwin. Satan is neergewerp en dit het plaasgevind met die opstanding van Christus.

God is in beheer van goed en kwaad. 

Ps 78:49  Hy het die gloed van sy toorn onder hulle gestuur, grimmigheid en woede en benoudheid, ‘n uitsending van ongeluksbodes. (KJV; by sending evil angels):50  Hy het ‘n pad vir sy toorn gebaan, hulle siel nie gered van die dood nie, maar hulle lewe aan die pes oorgegee. God is almagtig, soewerein, nie jou wil is in beheer nie. 

Dit is ons enigste oorlogvoering: Die Satan word weer en weer neergewerp wanneer ons die evangelie van wat Christus gedoen het verkondig. Elke keer, dit is die krag van God dat die Satan niemand kan verhinder om uit die duisternis na die Lig te kom nie, diegene wat vooruitbestem was daartoe. Hier, en so, is die Satan gebind soos ons in Lukas 10 gesien het. Ons Premillennium vriende sien die Satan nog onoorwonne en moet gedurig deur die besige godsdiens soos die Postmillennialiste doen, die wapenrusting aantrek, die Satan se sterkvestings aanval, en dit, wanneer God sê: onderwerp jou aan God se oorwinning, staan vas in geloof, bekleed met Christus, en leef in heiligheid; dit is die wapenrusting.

Open 12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons  broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 

Nouis die oorspronklike belofte vervul. Vanaf Golgota kan Satan nie meer die Verlossing van die sondaar bevraagteken nie, kan hy nie meer ons aanklae in die hemele soos vir Job nie. Hy kan wel die wat in sonde bly en nie bekeer nie in sy gevangenis hou toe die einde.

Met die dood van Christus sien ons verdere gevolge, slegs na Golgota kan die Stem gehoor word. NOU is baie betekenisvol, dit was, dit was geskiedenis, dit was 2000 jaar gelede, NOU IS DIE EVANGELIE TYD, DIE VREDERYK EN NIE N TOEKOMSTIGE VREDERYK NIE FUTURISTE.

2Co 6:2  Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. 

Na Golgota kan die Satan nie langer die verlossing van die sondaarsmens bevraagteken nie, wat lees ons: “die aanklaer is neergewerp”. Die aanklaer is gebind gedurende die millennium, die tydperk van die kerk, soos ʼn weerligstraal uit die hemele geval.

Open 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie

Ons oorwin nie Satan met ʼn sogenaamde ontvlugting van vervolging deur ʼn Wegraping nie, maar met ons getuienis en bereidwilligheid om te sterwe as martelaar. In hierdie een artikel van vrye genadige vergiffenis-regverdiging deur geloof ALLEEN-het Luther ʼn duisend jaar se dwaling en bygeloof, neergewerp en het dit vryheid van gewete vir miljoene gebring uit gebondenheid en vrees. Die fondasie van alle ware gelowe is die VERGIFNIS VAN SONDE. Die Christelike geloof begin hier. Hengstenberg sê: “Ons mag hier herinner word aan die woord in Jesaja 14:12  Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!  (EW Hengstenberg, The Revelation of St. John) Weereens, fisies uit die hemel en geestelik vervuld op die Kruis.

Rev 12:12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 

Mat 8:29  En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig? Mat 8:30  En ver van hulle af het ‘n groot trop varke gewei. Mat 8:31  En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar. Mat 8:32  En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in en kom in die water om. 

Hier is ʼn demonstrasie van wat gebeur as Satan uitgewerp word. Dit was wonderlik vir die twee mense wat vrygemaak was, maar dit was nie so vir die varke op die aarde wat die duiwels beset het nie. Varke en honde is simbolies van diegene wat teen die evangelie is, soos in die skrif, “Werp nie julle pêrels voor die swyne nie”. “Het u gekom om ons voor die tyd te pynig?’ Sien jy, hulle weet wat is die tye. Dit is wat Openbaring 12:12 illustreer wanneer dit sê dat Satan weet hy het ʼn kort tyd, en die inwoners van die see, dit is die mense, wee hulle.

Die hemele en diegene wat inwoners is, is simbolies nie van die engele nie, maar van die kerk, wat ʼn hemelse instelling is, en die genieting ondervind van: “alle geestelike seëninge in hemelse plekke in Christus”.Ef1.3. “opgestaan saam met Christus en sit saam met Hom in hemelse plekke”. Ef 2.6.  “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,” Phil 3.20. 

Dit is die eerste opstanding waarvan Christus die eerste vrug is, dit is waar die Gees van God uitgestort is, met die kruisiging en die wedergeboorte het die geestelike Koninkryk gekom, die millennium heerskappy van Christus vir ʼn onbepaalde tydperk wat net God weet en die volgende op die Raadsplan agenda is die oogwink koms van die wederkoms en die Groot Wit Troon oordeel en nie ʼn valse sogenaamde, vrederyk Utopia nie.

Ph 3:19  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge. Lees1 Kor. 2. 1Co 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.