VERVOLGING:

Die prinsipiële teiken van Satan se wraak is die Kerk. Vir 40 jaar na die uitstorting van die Heilige Gees het die duiwel deur Joodse hande die Kerk vervolg. Saulus van Tarsus wou die getuienis vergruis. Stephan het geval as die eerste martelaar. Die infantiele kerk moes vernietig word. Die dramatiese verlossing van die jong fanatieke Mosaïeke rituele volgeling, Saulus, was ʼn waarskuwing vir Israel dat die tye in ʼn mees dramatiese ontwikkeling ten alle tye was-die bekering van die Heidene in vervulling van die profesieë wat die valse Judaïsme en die Futuriste (Chialisme) net op die Jode van betrekking maak tot die onterwing van die Kerk. Paulus het die Heidense naam aangeneem vir sy bediening aan die heidene tot die uiterste eindes van die aarde.

Na die Periode van die Joodse vervolging van die Kerk het die Draak; Caesar homself op laat verskyn, die Meester van die wêreld, hier was dit ʼn vloed van vervolging soos ons sal sien in volgende verse. Rome, die Katolieke, die vervanging van Babilon het voortgegaan met die vervolging van die Reformatore. Die kerk vervolg die Kerk. Die Anglikane wat die staatskerk in Brittanje was het die “non conformists” vervolg. Op een stadium is 18000 dood gemaak. Dit is in die dae van Bunyan en Isaac Watts (When I survey the Wondrous Cross) wie se vader in die tronk was weens prediking teen die Roomse gebruike in die Anglikaanse kerk. Die “Antichris”, Satan, is in die kerk. „The Poetic Wonder of Isaac Watts” Douglas Bond, kry die boek vir ʼn paar Rand op Kindle. Hier is sy gedig op sewe jarige ouderdom:

I am a vile polluted lump of earth;

So I’ve continued since my birth;

Although Jehovah grace does daily give me,

As sure this monster Satan will deceive me.

Come, therefore, Lord, from Satan’s claws relieve me.

Wash me in Thy blood, O Christ,

And grace divine impart.

Then search and try the corners of my heart,

That I in all things may be fit to do

Service to Thee, and sing Thy praises too.

Ek glo nie ʼn charismatiese Christen van 20 jaar se Charismania begryp die teologie van Isaac; wat en hoekom hy dit geglo het op  sewe jarig ouderdom nie. ʼn Veertienjarige meisie in daardie Puriteine tyd het meer geweet van heilig leef as vandag se predikers. Dit was die kerk se vrugte in tye van vervolging. Die Christen Lente van die Kerk.

Isaac Watts wat in John Owen se kerk gepreek het, het saam met sy kontemporêre nonconformists die historiese-verlossings hermeunetiek gebruik; Christus in al die Skrifte, „making a beeline for the cross” soos ons ook moet soos ons doen in Openbaring.

Rev 12:14  maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd. 

Vir die Vrou is die twee vlerke van die groot arend gegee, die Groot Arend is die Here Homself soos Hy hom beskrywe in:

Det. 32.11; 10  Hy het hom gevind in ‘n woestynland en in ‘n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.32:11  Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels—

Die beeld is dieselfde. Die Here bewaar Sy Kerk deur haar met Arends vlerke te dra deur haar vervolging en haar weg te steek in sy sorg, in Sy boesem. Dit was nooit die bedoeling van die Almagtige God om die mens toe te laat om tye te bereken vir die wederkoms nie, maar het die tye vir Homself, geswygsaam, die geheime tye en seisoene. Ons het nie ʼn kalender nodig nie maar nederige en aanbiddende geloof. Die tye verwysende na: ʼn tyd, tyd en ʼn halwe tyd, moet nie aangeneem word as ʼn tyd wat die mens kan bereken nie, dit is ʼn verborgenheid in die heilige Raad van God. Dit is nie ʼn eksakte tydsberekening nie, soos die geskiedenis ons al gewys het van diegene wat vals bewys was.

Openbaring is nie ʼn ALMANAK nie. Dit is ʼn Boek van geloof en geduld. Nege Tiendes is in die verlede en hede, slegs die wederkoms en Groot Oordeel bly oor.