HOOFSTUK 12 VAN OPENBARING.

Inleiding.

Hierdie hoofstuk bevat die geskiedenis van Verlossing van die begin van die wêreld tot die einde van tye met die verdrukking in die verlede en die hede en toekoms. Dit is nie aaneenlopend van die vorige Hoofstukke nie maar ʼn hele nuwe begin. Openbaring is in sewe parallelle dele wat die Geskiedenis, hede en toekoms herhaaldelik beskryf, dieselfde vertelling oor maar met groter beskrywing en meer in detail wat gebeur het, gebeur en gaan gebeur, waarvan Hoofstuk 12 – 14 so ʼn deel vorm. Vanaf Genesis tot die Groot Wit Troon Oordeel.

Open 12:1 beskryf die Genesis geskiedenis van Israel en gaan voort tot by Open 14:14 die Groot Wit Troon Oordeel.

Open14:14  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. 

Hengstenberg, The Revelation of St. John, 1850, verduidelik dat Johannes, die Siener, sien ʼn TEKEN en nie in die tekens as konkrete aard nie, maar in beelde en verborgenheid; die kerk, byvoorbeeld, onder die beeld van ʼn vrou, Satan, onder die beeld van ʼn draak. Tekens word ook gebruik in Hoofstuk 15:1. Die omstandighede, wat altyd die tekens sien, was en word nie in aanmerking geneem deur ekspositore nie, wat te dikwels aanhou om die meer uiterlike, of letterlike voorkoms te sien, sodat diegene wat deur die bedekking penetreer in die idee verskuil daaragter, word valslik beskuldig van ʼn valse vergeesteliking. Maar hier sien ons dat die TEKEN wat die Siener sien behoort nie aan die sensuele nie, maar aan die super – sensuele sfeer. Die geestelike en nie die letterlike nie. Die Vrou, of Sion, wat telkemale in die Ou Testament verskyn onder die beeld van ʼn vrou, is dieselfde as die onafskeidbare samelewing van die Oue en die Nuwe Verbond.

Vergeet vir ʼn oomblik u vooropgestelde idees en invloed van die Chiliasme, Futurisme, Premillennialisme en Dispensasionalisme, en lees aandagtig aan die hand van die Woord van God die  interpretasie wat geakkrediteerde teoloë van Baptiste en Gereformeerde teoloë soos: Hengstenberg, Ridderbos, G Vos, Bavinck, Berkof en die meerderheid dit begryp het. Die Chiliasme is ʼn onlangse voorwendsel wat populêr gemaak is deur onskriftuurlike visuele media. Ja, God gebruik akademici wat wedergebore is.

Open 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Skrif verklaar Skrif en ons sal kyk na waar die beeldspraak in die Oue verskyn.

Hooglied van Sal 6:10  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?

Christene moet of behoort die lig van die wêreld te wees. Die Patriargiese Kerk kyk na die toekoms soos die môre wanneer die beloofde Messias sal kom. Die vroeë kerk was verborge nog onder die wet maar het gereflekteer wat sou kom, nog nie dag nie, maar soos die maan refleksie verander, maar die Son van geregtigheid het nog nie verskyn nie. Maar die Christelike kerk, so helder soos die son, wys na die groot lig wat skyn in die donker. Die Koninkryk van genade, die evangelie-koninkryk. Skyn soos na ʼn donker nag. Die kerk is gekleed in die son, die Christus, die Son van geregtigheid.

Mat 13:43  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Isa 30:26  En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is. 

Hierdie beeld beskryf die Kerk en God se volk perfek, of hulle nou in die Ou Testament of in die Nuwe Testament is, een kerk, een volk, onafgeskei in die geskiedenis, een verlossing en doel, die Bruid van Christus, die Vrou van Jehova, die Dogter van Sion. Die Wet en die Genade. Hierdie verheerlikte vrou wat voor Johannes afspeel soos ʼn toneel aan die firmament van die Geskiedenis, beeld die verlede en die hede uit van die eeue lange stryd deur die Draak om die vrou te vernietig en te oorwin. Die Vrou word geïdentifiseer as die kerk in sy lang geskiedenis van lyding en vervolging en bewaring deur God.

Open 12:2  en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood. 

Kom ons kyk in die verre verlede na die profesieë aangaande die koms van die Messias.

Mik 4:8  En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem. 

Ons het hier die belofte van die heerlikheid van die Geestelike Jerusalem, die evangelie-kerk, wat die skaapstoring van die kudde is, die een kraal waar al die skape van Christus beskerm word deur een Skaapwagter, verwysend na die koninkryk van die Messias.

Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Ps 2:6  Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Mik 4:9  Waarom skreeu jy nou so hard? Is daar geen koning in jou nie? Of het jou raadgewer omgekom, sodat smart jou aangegryp het soos van een wat baar?

Hier is die Ou Testamentiese Kerk, die letterlike Jerusalem in barendsnood met die groot stryd oor die koninkryk van Christus, waar hel en hemel in stryd is; die Draak weet wel dat as die Messias se koninkryk rys dan val die Satan en verloor die stryd. Maar uiteindelik het die Vrou gekleed met die Son haar verskyning gemaak in al haar evangelie glorie en die Oue is onder haar voete, getoonbeeld met die maan.

Heb 8:5  hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is. Heb 10:1  Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. 

Let wel dat die skaduwees, die tipes, die beelde, die simbole en tekens sal nie een dag terugkom om weereens te regeer oor die mense van God nie, nie nou nie, nie in ʼn sogenaamde vrederyk van ʼn duisend jaar nie.

Heb 11:16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei. 

Die lig van die maan onder die Vrou sal nie oor die lig van die Son skyn nie of oorheers nie. Die dag van die maan is verduister, die dag van die evangelie is hier in vervulling en voltooiing van die Oue en die Nuwe Testamentiese Kerk, net die tekens verander, die letterlike Israel, die skaduwee, die maan met die geestelike ewige Israel, die Kerk, die Volk, die Kudde, die Nuwe Jerusalem met die fondasie van die Apostels en Profete en Jesus Christus die Hoeksteen.

Openbaring 12:2 gaan terug na sy oorsprong in die Tuin van Eden. Hier het ons ʼn PROTOTIPE VAN DIE KERK, ons eerste Ma, Eva wat in die dag van haar oortreding berusting gevind het met die belofte van ʼn Saad wat sal kom om die kop van die groot slang Verleier te verbrysel. Dit was ʼn vloek op die Slang maar ʼn belofte aan die Vrou en die Man dat daar iemand uit die Vrou se Saad gaan kom wat die oordeel oor die Tuin van Eden gaan herstel, die slang gaan oorwin, en die koninkryk van duisternis gaan vernietig, sonde en dood. God praat dan:

Gen 3:15  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Hierdie misterie van die hakskeen byt van die EEN wat die Saad sou wees, is insiggewend. Adam en sy Vrou het dit in geloof aanvaar en dit sien ons duidelik dat sy in Abel die belofte verwag het, maar helaas hier het die vervolging al begin, die Satan wat alreeds gestaan het voor die vrou soos ons in die volgende vers sien om haar nasaat, die Saad te verhinder om gebore te word deur Satan se dienskneg Kain te gebruik om hom te vermoor. Maar toe is Set gebore wat Eva genoem het: die “Aangestelde Een” (volgens Cruden), in Set was haar hoop nou en dit is dan so; dat in Set se nageslag was Jesus die Messias gebore. So is Eva in die geloof ook regverdig, die Moeder van die Kerk, ʼn Prototipe. Die Saad het 4000 jaar daarna gearriveer, gebore uit ʼn maagd, verafsku en verwerp, gekruisig, slegs toe, het dit gelyk, dat die gevalle menseras slegs verlos kan word deur ʼn dood: die hakskeen wat die Slang se kop verbrysel het, moes self in Sy laer deel, Sy menslike deel, Sy hakskeen seerkry. Dit is, die EEN wat so oor dood en hel getriomfeer het, kon slegs so doen deur Homself in Sy totale swakheid en onderwerping aan die krag van die dood, sodat deur die dood, Hy mag hom wat krag gehad het oor vrees en dood vernietig; dit is die Duiwel. SO, IN DIE MATE IN DIE BEPERKING NOU, IS HY GEBIND, IS HY OORWIN, IS HY UIT DIE HEMEL GEWERP, soos ons later in hierdie kern Hoofstuk sal sien.

Deur die Satan se “oorwinning” in sy vervolging van die Vrou in Barendsnood, het hy die Saad laat kruisig, maar Satan het nie oorwin nie, maar hierdeur homself vernietig, en deur dood is hy oorkom en verbrysel.

1Co 2:8  wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— 

Sonder hierdie begrip van hierdie vervulling van die belofte dat die Satan ʼn verslane vyand is, is die sleutel van geestelike sienswyse verlore. Dat Christus gebore sou wees uit ʼn vrou was geen misterie nie, maar dat Hy so gebore was, dat Hy sy aardse moeder voorafgegaan het van wie hy uit gebore was, en wat die Groot Skepper was, die Ewige God-Dit was die misterie van alle misteries, en die wonder en heerlikheid van die hele Skepping.

Open 12:3  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;  

Die visuele simboliek van Satan. Rooi staan vir moord en haat, destruktiewe en vreesaanjaende krag. Die sewe koppe staan vir sy universele mag, die horing staan in die Bybel altyd vir koninkryke en heerskappye. Die wêreld en die vlees is in die mag van Satan, die god van die wêreld wat God toelaat om te regeer deur die wêreld sisteem, deur die Antichristelike tipes deur die eeue.

Ef 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 

Ons moet egter nie die fout maak om te veronderstel, soos die Premillennialiste, dat die Satan onbeperkte krag het nie; sy krag is beperk deur die heilige Raad en is nie toegelaat om sy limiete, sy binding, te oorskry nie wat deur God se Raad, sy wysheid en sy Almagtigheid bepaal het nie. Die Draak het geen onafhanklike krag nie, God beheer hom aan ʼn ketting en gee skiet en kort hom in soos die God behaag. Soos ons verder sal sien in hierdie geskiedenis hoofstuk; hoe is die Satan verder beperk in sy mag. Kyk wat Luther in sy gesang te sê het oor Satan:

God’s Woord met kuns en krag

Een moment sal nie wag

Maar in weerwil van hel,

Sal dit voortgaan wel,

Dit is geskrywe met Sy hand

Al het dit ons lewe verpand

Goed, eer, kinders, vrou

Tog is sy wins te wat wou

Die dinge sal alles verdwyn

Die Stad van God sal altyd skyn

Open 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 

Ons gaan nie hier nou uitbrei nie behalwe om te sê dat die “sterre” afgegooi is aarde toe en dit dui aan dat dit die enigste sfeer is van Satan se oorlogvoering. Die oorlogsveld van die eeue vir die siel van die mens. Astronomie soek tevergeefs vir ʼn ander bewoonde planeet. Kom ons kyk verder na die vervolging van die kind volgens W. Hendriksen, We Are More Than Conquerors, 2007: 

Van Set tot by die Vloed:Die Satan fluister in Set se seuns se ore dat hulle met die dogters van Kain moet trou om sodoende Set se nageslag uit te roei, om die belofte van ʼn Messias te verhinder, te verslind. Hier is Noag en sy gesin bewaar deur die Raadsplan van God om die Saad te bewaar. Die res het in die vloed vergaan.

Van die Vloed na Jakob:

Weereens staan die draak voor die vrou om die kind te verslind. Die belofte word nou aan Abraham en Sara gegee. Maar, dit is onmoontlik, hulle is onvrugbaar. ʼn Wonderwerk, Isak word gebore en die belofte word Isak sʼn, maar helaas, Isak word geoffer en Abraham lig sy hand met die mes om sy seun te slag. Die draak gaan triomfeer, Nee! Die Engel van God, Christus homself verhinder Abraham. Verder is Isak se vrou Rebekka onvrugbaar, later word Jakob gebore en vlug maar keer terug latere jare en Esau wat hom haat maak hom nie dood nie. Die belofte van die bewaring van die Saad van die Vrou word weereens gered.

Van Jakob tot die Jode:

Die Jode word deur Faro vervolg maar God red hulle deur die Dooie See. In die woestyn dans die Jode om die goue kalf en God wil hulle uitdelg maar Moses tree in as bemiddelaar en die belofte word weer behou, ons moet onthou; dit was die Groter Middelaar, Christus wat in Moses die Gees van Intersessie gegee het.

Van die Jode tot by Dawid:

Dawid moet vernietig word en in Saul word die bose gees vaardig en Saul gooi hom met ʼn spies, selfs in die Ou Dispensasie is Christus aan die werk om die belofte te beskerm. Die ou draak misluk weereens.

Van Dawid na Koningin Atalia:

Die bose dogter van bose Agab en Jesebel regeer en wil die nageslag van Dawid uitwis. Natuurlik as Atalia die koninklike nageslag van Dawid uitroei dan kan die Saad wat die Duiwel se kop gaan verbrysel nie gebore word nie. Maar; wen die Satan, nee, in 2 Konings 11:1,2 lees ons dat Joseba het vir Joas, die seun van Ahasia deur sy oppasser weggesteek en hy was die enigste oorlewende Saaddraer. Lank lewe koning Joas.

Van Koning Ahas na Ester.

Dit is nou al die 5 de eeu voor die Saad se geboorte, gaan dit behoue bly? Hier is ons nog in Hoofstuk 12 van Openbaring wat ons duidelik dit geskiedenis verduidelik wat gebeur het en nie soos die wat geen geestelike insig het dit verstaan as toekomstige gebeure nie. Haman se bevel is dat al die Jode doodgemaak moet word en dit word geseël met die koning se ring. Moet ek hier die wonderlike storie herhaal, lees self vir Ester.

Van Ester na Bethlehem:

Die finale drama speel af in Bethlehem. Die Christus kind is gebore, die beloofde Messias, die Saad van alle Sade wat moet sterf om te lewe en om lewe te gee. Hier staan die Draak uiteindelik na vele mislukkings voor die vrou wat gebaar het. Die wyse manne vertel nie vir Herod waar hy gebore gaan word nie. Hy wou die kind doodmaak en soos by Moses se geboorte waar Satan deur Faro die kinders doodgemaak het en Moses oorgebly het, het Herod al die kinders onder 2 jaar doodgemaak, die instrument van die Draak, maar die Kind het na Egipte toe gevlug. Die Christus kind se geboorte, die Redder se dood aan die kruis was ʼn verdere oorwinning oor die Satan.

Open 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk  na God en sy troon. 

Jesus die Christus is gebore, na al die Historiese betrokkenheid van God met die mens, toe met die sondaar, met Sy verlossingsplan, is die Kind gebore, die Saad van belofte. Na al die 4000 jaar se vervolging van die Vrou, om die geboorte te verhinder, met die ou Slang, die Draak se pogings wat misluk het, wat moes misluk. Hier is die kern vers van die Bybel, die evangelie het gekom, die beloofde Saad wat die Satan oorwin het.

Ps 2:9  U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. 

Open 2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, 27 en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

Verder was die kind weggeruk na God en sy troon. Dit verwys na Christus se opstanding uit die dood en Sy hemelvaart en Sy kroning op die Troon om met ʼn ystersepter te regeer wat waar is deur al die dispensasies. Dit is die eerste opstanding, die eerste vrug van ʼn ewige lewe in ʼn ewige Koninkryk en die wat Christus volg met hulle geestelike opstanding as martelare met die seël van die Heilige Gees en nie die seël van die Dier nie.

1Co 15:20  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 

Christus triomfeer en die engele sing: Glorie aan God in die hoogste!

Rev 12:6  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.  

Kortliks verduidelik die beeld van die kerk verberg in die wildernis, dit is nie ʼn aardse, sigbare institusie nie, met al sy swier, prag en praal van ʼn koninkryk van hierdie wêreld nie. Soos die Roomse Kerk dwaling leer en praktiseer nie, soos die Futuriste tevergeefs verwag nie. Dit is ʼn verborge, onsigbare hemelse koninkryk en word openbaar deur die prediking van  Woord en haar aanbidding in gees en waarheid. Die beeld word geneem van die vlug van Elia na die stroom van Krit by die Jordaan waar die kraaie vir hom gesorg het, en later na Sarfat in Sidon die huis van die weduwee. Die tydperk was drie en ʼn halwe jaar of 1260 dae. Ons sien dat hierdie tydperk word profeties gebruik en nie letterlik in die boek van Openbaring nie. Dit is die totale tydperk van die kerk se konflik met die Antichris se mag in die wêreld. Van Patmos tot die einde van tye. God verberg die ware tyd met wysheid aan Sy mense sodat hulle geloof kan wees; wandel in geloof en nie met sig nie. Verdere verduideliking in vers 17. Ps. 91, 31, 32:7:

Ps.32:7  U is ‘n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.Rev 9:4  En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie. Is dit ʼn sigbare seël, nee, net so is die merk van die dier 666 nie sigbaar nie maar die teken van die ongelowige mens. Weg met literalisme.