DIE SEWE SKALE VAN PLAE

In hoofstuk 14 het ons ʼn beskrywing van die Laaste Oordeel, hoofstuk 15 gaan weer oor dieselfde grond maar in groter detail wat lei tot die Oordeel. Alexander beskryf dit; dat wanneer ʼn klok 12 uur middernag slaan by die einde van hoofstuk 14, word die nou teruggestel tot die begin van daardie laaste uur. Hendriksen verduidelik dat daar is ʼn noue verband met die visie van die Basuine en die van die Skale. Dit is die selfde periode en dek die hele dispensasie, net soos hoofstuk 12. Die skale word uit gegiet op mense met die teken van die Dier. Die beskrywing is dieselfde  as die kragte van die bose soos in die 4 de visioen ook in hoofstuk 16. Dit is nie opeenvolgende gebeurtenisse nie maar die beskrywing van dieselfde periode met meer detail.

Rev 15:1  En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. 

Ons sien die engele offisiere, sewe, wat uit skale plae uitgiet op die bevel, daardie opeenvolgende oordele in die laaste groot dag.

Rev 15:2  En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. 

Die see van glas wys vir ons die Kerk in oorwinning na die laaste dag. Die see is gemeng met vuur: God se deurskynende geregtigheid is openbaar in Sy oordele oor die bose. Johannes sien die see, op die strand waar daar ʼn menigte staan , dit is na die plae uitgegiet is; en sing hulle die lied van Moses.

Rev 15:3  En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 

Dit is ʼn unieke lied, die lied van Moses en die Lam wat aandui dat dit die Wet en die Evangelie is wat een is in die verkondiging van die verlossing van God se mense. Die lied van Moses is gebaseer op die verhaal van die Egiptenare wat verdrink in die Rooi See. Die oorwinning oor Faro was; die skaduwee van die oorwinning van al God se mense oor die Dier, sy beeld, sy getal. (666, die antichriste). In beide gevalle is dit die Lam wat die oorwinning gee.

Rev 15:4  Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het. 

Vers 2-4 is die beskrywing van die mense van God; in die volgende dele:

Rev 15:5  En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. 

Die Apostel keer nou terug nadat die verlostes gesien is na dit wat vooraf gaan gebeur. Die volle openbaring van die misterie van die geregtigheid van God sodat die Skepping kan begryp wat dit is en hoe God sy geregtigheid uitvoer. Die opening van die tempel, daar is geen tempel in die hemel nie, maar figuurlik gesproke, wys vir ons die misterie van God. Hy is God – Christus is God; God van God, , die Krag en die Wysheid van God,  Lig van Lig, God wat is en nie stom is nie, die Woord, inkarneer in ons vlees, in Wie die Godheid homself bewys en wys dat Hy die ewige en Liefde, in waarheid, geregtigheid, heerlik in heiligheid is. Dit verklaar by daardie opening die misterie van heilige eleksie, wat so misterieus is dat die verkose dit nie begryp nie. Alle antwoorde word nou duidelik. Isa 53:11  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. Deur genade alleen Soli Deo gloria, en dit sluit jou aandeel uit jou verlossing. Lees die Vyf Solas wat alle gereformeerdes wat nog die waarheid liefhet ondersteun, dit sluit Baptiste in wat gereformeerd was en die wat nog vashou aan die evangelie soos oorgelewer aan die heiliges.

http://www.reformedtruth.co.za/index.php/afrikaanse-artikels/5-afrikaans/7-die-vyf-solas

Alexander sluit af: „Die kern, middelpunt van die Heelal is die Heilige Wet. Daardie Wet is die uitdrukking van God se eie morele eerbare goedheid in Sy natuur. Dit is die kenteken van Sy Naam op die dokument van die Skepping. Dit is die onderskraging en endossement van Sy karakter in al God se handelinge. Dit is die versekering, die waarborg dat alles wat Hy doen is perfek in waarheid en moraliteit in Sy geregtigheid dat regverdigheid geskied. Dit is waarna die opening van die mistieke tempel wys en ʼn teken is dat alles is vervul en die Wet van God word finaal bevestig. Die bose sal nie ontsnap van vergelding nie en die verlostes sal onaantasbaar bewys te wees, deur die krag en haat van die vyand.” Die mens se toekoms is behaal deur God wat mens geword het en dit is dit –  wat Satan vernietig het en bewys is van sy hel. Wat beteken die twee olyfbome in Sagaria, vra Sagaria en God antwoord hom: Zec 4:6  Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. Die koninkryk van God word gevestig deur nederigheid, geloof, arm van gees, verering en getuienis, naamlik die kruisiging, vervolging en getuienis. Die twee gesalfdes, Jesus die gesalfde en Sy Kerk.

Rev 15:6  En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels. :7  En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid. :8  En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

Uit die geopende tempel kom die sewe engele, met skale VOL oordeel, simbool van God se heilige karakter wat Sy Wet en die oortreding daarvan illustreer, met heilige oordele, genade is verby, intersessie is te laat, want niemand kan meer ingaan in die geestelike tempel nie, die simbool van rook is God se ewige wraak.