Inleiding

Een van die groot oorsake wat die Kinders van God weerhou om die Heilige waarhede te begryp is dat hulle lees die Bybel deur die oë van ander; hulle lees dit met opinies wat alreeds gegrond is, hulle lees die met voorafgevormde belang. Dit is dan ook waar met betrekking tot ons onderwerp wat ons tans navors. Mense was geleer deur ʼn “Doktor” van Religie, of ʼn Teologies Skool professor soos bv. Die Scofield Seminarium, wat die sienswyse het dat ʼn Wegraping en dat ʼn aardse Koninkryk op pad is tussen die Eerste koms van Jesus en die Oordeel word ʼn leerstoel vir ʼn eng sienswyse van eskatologie. Dit vorm hulle dogma en die toepassing van hulle hermeunetiek is eisegenies. Die dogma dwing dan die skrif om by hulle doktrine en tradisie aan te pas in plaas daarvan dat hulle eksegese doen om die Skrif toe te laat om te spreek.

Ander weer, soos die Skool van Nuwe Profete en Apostels wat promoveer dat die wêreld ʼn beter plek word, dat die Evangelie uiteindelik gaan triomfeer nog voor Jesus terugkom en die Kerk oor alle ongelowiges sal regeer in ʼn outokratiese heerskappy oor die wêreld sonder Jesus, dwing ook hulle sienswyse af op die Skrif. Die gevolg is dat die Skrif of uit konteks geneem word, of die Skrif moet verdraai word om te spreek wat diegene wil hê die moet sê, sodat hulle sienswyses ondersteun moet word.

Dit is baie moeilik vir diegene wat so verlei en geleer is om van hierdie lering se desepsie afstand te doen. Ons moet soos die dissipels in Berea; ons vooropgestelde idees eenkant plaas en self studie van die Bybel doen om uit te vind wat die Bybel presies leer, wat dit sê oor hierdie dinge. Dit is egter van kritiese geestelike belang dat ons dit so moet doen as ons God se gedagtes oor hierdie toekomstige dinge wil sien en hoor. Dit is: “Wat sê die Skrif?” nie wat die laaste profesie in tale geuiter het nie, en elke Jan Rap en sy maat ʼn interpretasie gegee het nie, wat sê: “Die Here sê”, wat die Here nooit gesê het nie? Vandag is die een wat die mikrofoon vasklou, die sogenaamde “gesalfde” en hang ons aan hulle lippe, en skud ons kop in eenstemming oor dwase menslike leer. Het julle al gekyk na die geestelike armoediges wat kop skud as die sogenaamde Apostel, of Apostelin van die eeu van Aquarius sy of haar waansinnige stappies doen om preekstoel bedrog te pleeg.

Die waarheid kom nie altyd wat ons Kerk leer nie, of wat ons troetel dogma sê nie, of wat my goddelike ouers my geleer het nie, maar – Wat sê die Bybel oor die betrokke saak.

In ons soeke na die tye van die Wederkoms, of soos sommige se interpretasie Wederkomste, gee die Skrif tog duidelike antwoorde. Is daar een Wederkoms met die Groot Wit Troon Oordeel, of is daar ʼn tussentydse koms met ʼn duisendjarige vrederyk op die aarde, of sal ons as die Kerk met super Apostels en Profete die Satan oorwin en ʼn teokratiese ryk stig? Ons moet die Bybel benader met ʼn oop gemoed, gewillig wees om te leer en geleer te word deur die Een wat dit geïnspireer het, en dit te benader in die Gees van die kind Samuel wat sê, “Praat Here, u dienskneg hoor.” Soos Thomas Aquinas sê: “Teologie a Deo docetur, Deum docet, ad Deum ducit, word geleer deur God, leer God en lei tot God.”

Dick Harris sê die volgende:

In die wat die Premillennium sienswyse aanhang is daar ʼn sogenaamde “ reël” om elke menslike en bomenslike poging aan te wend om Skrif letterlik te interpreteer tot die letter. Hierdie reël egter sluit die lewendgewende hulp van die Gees uit. (1Thes.1:5) Literalisme, is om die Woord van God slegs in die letterlike mening te begryp. Dit maak sin vir die rasionele mens, maar dit produseer ʼn evangelie wat vervaag. (2Cor.3:7) Dit is nie die ewige Evangelie in die bloed van die Here Jesus nie (Gal.1:6-12), dit is dispensasionele (Eph.1:10) Ou Verbond Judaïsme (2Cor.3:15) wat ʼn “evangelie” van dood is. (2Thes.1:8-9) Dit kan “Die Dawkins Illusie net soos die evolusionêre sienswyse van die bestaan van lewe, die Evolusie Illusie genoem kan word! (Sien Pieter J. Pelser se Boek: Die Evolusie Illusie.

Dit is dieselfde interpretasie metode wat die Fariseërs gebruik het en hulle genoodsaak het om die Here Jesus te kruisig want hy het nie gekom om ʼn aardse koningryk te verstig nie. Hy was dan nie ʼn politieke-magsfiguur soos Dawid nie. Nee, Hy het dan op ʼn donkie gery en nie op ʼn wit perd wat ʼn teken van Oorwinning is nie. Daarom het hulle Jesus gekruisig weens hulle wan interpretasie van die Heilige Skrifte. Dit is nie veel anders vandag nie soos ons sal sien.

Die Duiwel, die Antichris gees van kettery en dwaalleer (1Jn.2:18. 4:1-6), verlei die mens om God se Woord van Lig, vanaf hemelse plekke, te interpreteer (Jn.1:32), om sensuele of letterlike dinge te bedoel van die geestelik huidige donker en hopelose wêreld van dood en verval (Gen.2:17). Hierdie is die misterie van die verborgenheid van ongeregtigheid (2Thes.2:7. Ps.58:3) deur wat die Slang in die geheim die mens verlei het (Gen.3:1), deur die begeerte van die vlees en die wêreld.

Dit wat ons nou wil hê, dit wat ons onder die bedekking van ons literalisme slegs kan sien, en nie die ware geestelike, wat die werklike ware letterlike betekenis is nie. Kyk tog na die versinnebeelding van Hagar se seun en die seun van die vrye Isak. Dit is allegories geskryf, die Amillennialis word beskuldig dat hy alles allegories interpreteer, maar, dit is Jesus se manier van waarhede van die geestelike oordra. Paulus verklaar die deel dat die Wet is Hagar, is Jerusalem, is die Jode, is aardse Israel, en Isak is die vrye geestelike Israel, kinders van Abraham in geloof wat die ware geestelike Israel die kerk is.

Is Daar Absolute Skriftelike Waarhede?

Ons sal sien hoekom dit van lewensbelang is, en van ewige belang dat die Skrif, soos dit oorgelewer was aan Paulus reg verstaan word, veral met betrekking tot die toekomstige sienswyses van die Kerk se verlede hede en toekoms. Daar is verwarring, daar is wanorde, daar is praktiese implikasies van ewige belang weens die uiterste wanbegrip van wat die Heilige Skrif leer. Dan voeg ek by dat daar is, en moet wees, ʼn meer korrekte heilige sienswyse van Skrif interpretasie. Ek bedoel nie ʼn menslike wysheid nie maar die wysheid van bo wat vir ons berusting gee. Ons moet verseker dat die sienswyse oor die toekoms, veral wat Openbaring aanbetref, die korrekte een is wat ons kan onderwerp aan die Heilige Skrif en nie aan ons geestelike ongeleerde leermeesters wat ons naboots nie. Ons moet nie na-aap en napraat soos ʼn papegaai nie, al weet ons nie eers self of dit Skrif gefundeer is deur ons eie navorsing te doen soos die dissipels van Berea gedoen het nie. Hulle het na die Heilige Skrif toe gegaan het om te sien wat Paulus sê waar is. Nie volgens wat hulle gesien en gehoor het nie, maar wat sê Die Bybel. (Ons moet onthou dat hulle net die Ou Testament gehad het wat net van Jesus Christus gepraat het.)

1Co_15:4  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

In die tye van relativisme, waar elkeen sy eie opinie het en elkeen se gedagte volgens wat hy dink en sê hoe God moet wees en dat daar nie absolute waarhede is nie, maar alles relatief is, is dit dan geen mirakel dat dit ook in die kerk plaasvind nie. Elkeen het sy eie waardes, sy eie interpretasie en dit word nie onderwerp aan die absolute van die Skrif nie.

Die nuwe wedergebore jong man sê vir my: “re-inkarnasie is vir my wonderlik.” Ek sê vir hom dat die Bybel leer dat ons een maal sterwe en daarna die oordeel. “Dit is jou interpretasie”, word menigmale gehoor, afgesien wat die Skrif duidelik leer. Elkeen sê dus dat dit is wat die Gees hom leer, dit is wat die Here hom gewys het. Wie is reg, wie se stem moet ons na luister? Na die objektiewe stem van die Skrif! Skrif verklaar Skrif, gee sy eie definisies, is sy eie woordeboek. Wat sê die Bybel? Natuurlik is die Heilige Gees betrokke by die interpretasie van die Skrif. Nie mens, of stem of die onskriftuurlike “gesalfde” wat die mikrofoon vashou nie. Jesus, self het altyd sy dissipels na die Skrif terug verwys, en dit was die Ou Testament waar alles te wete is oor Jesus. Paulus het nie die Nuwe Testament gehad nie.

Joh_7:42  Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie? Mic 5:2  (5:1) En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Ja, die wonderwerk van die Kind gebore uit die maagd Maria, Sy moeder, die misterie van alle misteries dat die Kind sy moeder voorafgegaan het, ʼn ewige bestaan gehad het saam met Sy Vader (uit die dae van die ewigheid.) Matthew Henry beskryf dit soos volg: Dat Betlehem die plek was van Sy geboorte was ʼn universele kennis. Dit was die Skrif wat die skrywers vir Herod gesê het waar Hy gebore gaan word en so was dit dat die Jode geweet het dat Christus uit die dorp van Bethlehem gebore sou word waar Dawid was. Bethlehem is die beeld van die Huis Van Brood, die geestelike betekenisvolle plek vir Hom om gebore te word wat die Brood Van Die Lewe is. Wonder of die literalis so ʼn afleiding kan maak.

Die wat ore het om te hoor wat die Gees van God sê:

My Koninkryk is nie van die hierdie wêreld nie, Joh 18:36

Dit is die geestelike Israel wat Hy oor heers, die Kind van die belofte, al die volgeling van gelowige Abraham en biddende Jakob. In die harte van hierdie regeer Hy met Sy Gees en genade, en in die gemeenskap van diegene deur die bediening van sy Woord en Sakramente. Was Hy nie die heerser van Israel wat die wind en die see gehoorsaam het nie, waaronder die legioen duiwels geforseer was om onderdanig aan te wees nie, wat siektes en plae beveel het om weg te gaan nie, wat die dooies uit hulle grafte laat opstaan het nie? Slegs die een wat se koms was “uit die voortyd,” uit die dae van die ewigheid”, was geskik om te heers in Israel, die Hoof van die kerk, en Hoof oor alle dinge tot die kerk.

Wie is Babilon? Die bruid van Satan in sy totaal wat die afvallige Kerk insluit?

Babilon is in die Kerk vandag, die tipes antichriste is agter die preekstoel en in opleiding. Ek gee ʼn voorbeeld. 

1Co 15:14  En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; 

Die Nuwe Hervormers, soos Julian Müller, die onlangs afgetrede teoloog in opleiding by die Teologiese skool van Pretoria Universiteit wat die Jesus Seminaar saam met Sakkie Spangenberg aanhang, glo nie in die historiese opwekking van Jesus nie. Sy prediking en sy geloof is tevergeefs.

1Co 15:15  en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

 Hierdie teoloë, en daar is baie van hulle, is valse getuies van God, getuig teen God. Word sommige predikante aangekla van dwaalleer; dan spreek die Sinodes hulle vry. Dan is hulle, volgens die Heilige Woord van God, en voor God, nie die ware Ekklesia van God nieDit is nie al mitologie wat in die post moderne kerk is nie, daar is die Liberales, pragmatisme en die charismania fenomeen, en soos ons in die lering sal sien, eskatologiese wanorde.

 Open18:4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. 

Keer kan ons nie meer nie, maar ons kan uit hulle kom. Diegene van die Nuwe Hervormers is duidelik volgens die Woord van God, ʼn tipe Antichris, deel van die Hoer van Babilon, wat in die Kerk staan. Die Antichris is daardie gees van die tye wat in die kerk staan, die Gruwel van Vewoesting,

Mar 13:14  En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie—laat hom wat lees, oplet—dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; 

 Ons lewe in ʼn tydperk wat nie sy gelyke het in die geskiedenis van die wêreld nie. ʼn Era waar selfs die mense in die kerke geen verdraagsaamheid het vir godsdienstige beginsels wat in die Bybel geleer word nie. Dit is ʼn tydperk wat mense nie die Evangelie van Jesus Christus soos dit geleer word in die Bybel aanvaar nie. Die mens beskou nie meer die Bybel as die Woord van God waar God praat nie, maar soos die Nuwe Hervormers; ʼn woord oor God. Dit is die era waar kerke godsdienstige praktyke wat vir eeue gebruik was verpand vir ʼn godsdiens wat die massas saambind in ʼn afgewaterde en totale ekumeniese religieuse orde.

Inderdaad ons lewe baie naby die tydperk wat ons mag noem; die finale verdrukkings periode wat gearriveer het, want die vrou en die dier is nou intiem saam. Die vrou is nie meer getrou aan Christus nie. Sy pleeg geestelike hoereerdery met die dier, en dit is hoekom sy genoem word die Hoer. Boonop trek sy al haar geestelike kinders in dieselfde oordeel saam met haar.

Hoekom doen sy dit: want dit voel so lekker.

Is dit nie waar dat al die vreemde gode evangelies, en ander evangelies wat in die kerk ingeseil het, almal in die kategorie van “goed voel evangelies” val nie? Dit titileer die vlees, lekker dramas, dans, orkeste en sang op die maat van wêreldse klanke van drank, seks, verdowing en Mammon. Soos ʼn Christen dame vir my uit Swede vir my skryf:

In die verlede het ek Filippense 4:13, “ek kan alles doen deur Christus wat my krag gee”, gebruik omdat ek verlang het na rykdom en vooruitgang, Vandat ek geregenereer was in Reformatoriese geestelike begrip, bid ek dit nou uit my hart uit net sodat en genadiglik God se Heilige geestelike sorg in my lewe kan ervaar en nie meer vir enige materiële gewin nie.” Vandag spring die mense rond op herhalende betekenlose twee lyne wat in maat van moderne tempo’s met moderne, kop-stamp maat gesing word. In die verlede was liedere gesing uit die hart en woorde het skrifgefundeerde betekenis gehad.” Die Christen dame het ʼn geestelike regenerasie en hernuwing gevind in Reformatoriese teologie. Dit is werklik so dat indien jy uit daardie sterk desepsie van Charismania, Pre- en Postmillennialisme kom, ondergaan jy geestelike hernuwing en regenerasie met ʼn geestelike begrip. Vir diegene wat uit die Pre-en Postmillennialisme uitkom voel dit soos wedergeboorte en het die Bybel ʼn nuwe betekenis, die Bybel lees soos ʼn nuwe Boek.

Die Arminiaanse Vry-wil evangelie, die Voorspoed evangelie, die Self-waarde narsistiese beeld evangelie, die Doel Gedryfde Kerk evangelie, die Soeker Vriendelike evangelie is aanvaarbaar vir mense want dit voel so goed, en dit laat hulle regverdig voel, dit laat hulle geseënd en veilig voel, want hulle het nou iets gedoen vir hulle verlossing. Dit is egter waar dat dìe Vrou, nie ʼn beeld van die ware kerk is nie, maar van die valse kerk, die vervalste kerk, wat verval het van haar vorige man, Christus en is besig met hoereerdery met die vyand. Sy is die ontroue vrou, die sluwe vrou, wat haar mees heilige belofte verbreek het. In Esegiël 16 lees ons van die vrou van Jehova wat geestelik hoereer.

Slot.

Kennis van die drie eskatologiese sienswyses heel moontlik beïnvloed nie ons Verlossing nie, maar mens; dit maar ʼn groot verskil in ons praktiese uitlewing van ons godsdiens en ons Missie vir God. Daar is letterlik ʼn hemelsbreë verskil tussen die drie sienswyses. Dit is dan van die uiterste belang dat ons die korrekte Bybelse sienswyse onder die knie kry. Dit sal gepaard gaan met die knieë op die aarde in nederigheid voor God om geleer te word en leersaam met ʼn oop gemoed bereid wees om geleer te word en indien nodig om van onskriftuurlike sienswyses te verander.

Hierdie is Hoofstuk 1 van 4 Hoofstukke oor Eskatologiese sienswyse.

Nico Engelbrecht

www.reformedtruth.co.za

Soli Deo Gloria

Teologie gebring aan die gewone hemelse burger.