Samuel Rutherford’s Briewe April 23, 1628

Brief 111

Aan ʼn Christen Dame

Meesteres,-My liefde in Christus onthou aan u:- Ek was versekerlik hartseer toe ek u verlaat het, veral nadat u so swaarmoedig was oor u dogter se dood, ek is verseker daarvan dat die swaar van Christus se kruis wat so drukkend op u is, dat die swaarste deel op jou kragtige Verlosser rus; want Jesaja het gesê:, Jes.63:9  In al hulle benoudheid was Hy benoud, O geseënde Tweede, wat saam met u gely het! En verblydend moet u siel wees, self loop u deur die verterende vuur, saam met Een soos die Seun van die Mens, wat ook die Seun van God is. Skep moed! Rig u hart op! Wanneer u egter terneergedruk en moeg is om die las te dra, sal Hy u, en u las vir u dra. Ps. 55:22Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. Net ʼn klein tydjie en u sal die verlossing van God sien.

Onthou hoe oud u dogter was; so lank was u dogter soos ʼn huurkontrak aan u sorg toegestaan, Was sy agtien, negentien of twintig, ek sal nie weet nie; maar verseker is ek dat haar termyn beëindig is, en u kontrak se termyn verstryk het, u kan dus nie wettig met u groot Heerser argumenteer wanneer hy sy eie kom opeis nie. Op die dag wat Hy wettiglik sy eiendom terugeis wanneer die termyn verstryk het, kan u net soos die arme boer nie kla as Hy wettiglik deel van sy eiendom kom terugneem nadat die termyn verstryk het nie. Goeie meesteres, as u nie vrede het indien Christus u hemelse erfporsie, wat joune is na Sy dood, wegneem nie, sal daardie selfde Christus ook nie vrede hê indien u, u dogter nie gewilliglik aan Hom gee nie, wat in elk geval deel is van Sy erfgename en oorwinning. Ek bid dat u vir God al jou eie sal gee, en dat God vir jou genade gee met geduld, om ook vir God syne te gee. Dit is ʼn ondankbare skuldenaar wat dit wat hy geleen het met teensin terug gee. Daardie baie jare se leen van so ʼn goeie dogter, ʼn erfgenaam van genade, ʼn lidmaat van Christus, (soos ek glo) verdien meer dankbaarheid van die hande van u Krediteur, as wat jy droefgeestig is en murmureer wanneer Hy maar net hunker na sy eie. Ek glo dat u self sal oordeel dat sulke bure ondankbaar is wat jou met so ʼn houding terugbetaal. Maar wat? Dink u dat sy verlore is as sy in die boesem van die Almagtige is? Dink nie dat sy afwesig is as sy in so ʼn vriend se huis is nie. Is sy verlore vir jou, wat gevind is in Christus? As sy by ʼn goeie dierbare vriend was, al sien jy haar nooit weer nie sal jy in ʼn sekere mate berusting vind en minimaal treur. O nou, is sy nie met ʼn dierbare Vriend nie, en het hoër gegaan, met ʼn seker hoop dat u sal in die Opstanding haar weer sien, wanneer (wees verseker) sal sy nog koorsagtig, nog beskadig wees in liggaam? U sal jammer wees om ʼn ateïs, of beskou te word as ʼn ateïs; en nie ek nie maar die Apostel dink daardie wat uitermate rou vir die dode is ateïste sonder enige hoop. 1Th 4:13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

Dit is nie ʼn beskuldiging van my kant af nie; ek sê dit want ek vrees vir u swakheid, want u dogter was deel van uself; daarom fisiologies in jou bestaan, asof jy middeldeur gesny is, sal u natuurlik rou, maar ons moet ons verheug, dat wanneer ʼn deel van u op die aarde is, is ʼn groot deel van u verheerlik in die hemel. Volg haar, maar beny haar nie, dit is dan so dat dit die liefde vir self in ons is wat ons laat rou vir diegene wat sterf in die Here. Hoekom? Want ons kan nie vir hulle rou nie, omdat hulle nie volkome gelukkig is totdat hulle dood is nie; dus rou ons vir eie self. Wees verdag daarop, dan, dat wanneer u openlik rou vir u dogter en daardeur u liefde wys, dat u nie, uit self liefde, vir uself rou nie. Oorweeg wat die Here hierdeur vermag. U dogter is uitgeruk uit die vuur, en sy rus van haar werk; en daardeur toets die Here jou, en gooi u in die vuur. Gaan deur al die vure na u rus en onthou dat die oog van God op u is, aanskou u geduld en geloof; Hy verheug hom om u in die brandende bos te sien maar nie verslind word deur die vlamme nie; en Hy is verblydend berus dat so ʼn swak vrou soos u Satan wegstuur, gefrustreerd van sy plan.

Nou eer God en beskaam die sterk Brullende Leeu, wanner u op u swakste oomblik is. Sal so ʼn persoon soos u neergevel word in die dag van teëspoed? Dink aan die dae van ouds; die Here lewe, vertrou op Hom, al bring hy u tot sterwe. Geloof is uitermate barmhartig, en glo geen kwaad van God nie. Nou lê die Here aan die een kant van Sy skaal jou onderdanigheid aan Sy genadige wil en in die ander kant van die skaal jou liefde vir jou dogter – watter een van die twee sal u kies om te bevredig?

Wees dan wys, en ek vertrou dat u liefde van Christus beter is as ʼn sondige vrou, kyk verby u dogter, en kus die wil van die Here. Die mens snoei die takke van bome sodat in die einde hulle kan hoog en wyd groei; die Here het, in sy manier, u takke afgesny deur van u soveel kinders weg te neem om u daardeur boontoe te laat groei soos een van die Here se bome, rig jou hart na bo waar Christus aan die regterhand van die Vader is. Wat is volgende, maar dat jou Here, nadat hy die takke gesnoei het die stam gaan afkap? Berei jouself voor; u is nader aan u dogter hierdie dag as wat u gister was; waar u as moeder tyd spandeer in rou vir haar, is u spoedig op pad na haar. Hardloop die resies met geduld; laat God sy eie kry, en vra van Hom, in plaas van jou dogter, wat hy van jou weggeneem het, die dogter van geloof, wat geduld is en in die geduld jou siel besit. Lig op u hoof, u weet nie hoe naby is u verlossing nie.

Dus, aan die Here laat ek u oor, wat u sal bewaar, dit is my berusting,

U liefdevolle Vriend in die Here Jesus, S. R., Anwoth, April 23, 1629.