Rutherford se Briewe 4

Aan die Viscountess van Kenmure. Madame Jean, was die 3 de dogter van Archibald Campbell, die 7 de Earl van Argyll en die sister van die Martelaar Archibald, Marquis van Argyll.

Madame, Al die diensbaarheid aan die Here ter gedagtenis-

Met jammerte het ek van u, dame se olikheid en siekte gehoor; nogtans vertrou ek dat u geleer het om te sê: “Dit is die Here, laat Hy doen wat ook al goed lyk in Sy oë.” Dit is nou al baie jare wat die apostate engele die vraag gevra het; of dat hulle wil, of die wil van hulle Skepper gedoen moet word, en sedert daardie dag het die nageslag, in daardie selfde onwettige toon daagliks gepleit teen Sy wil; maar die Here, alomteenwoordig en die uitvoerend regter se Raad van Sy wil het ʼn dekreet verklaar en gesê: Jesaja 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; Dit is dan vir ons beswil, in gehoorsaamheid aan ons geloof, en in heilige onderdanigheid om dit vir God te gee wat die wet van sy almagtige en regverdige mag van ons vereis. Daarvoor, madame, dit vra van u, in al die toestande van die lewe, om te sê, “U wil geskied op aarde soos in die Hemel;” in dit sal u berusting vind, dat Hy, wat deur al u euwel sien, en u liggaam en konstitusie van u natuur ken, wat is mees gesond vir u siel,? en sodoende hou Hy elke beker van loutering teen u hoof  met Sy eie genadevolle hand om daardie genesing te bewerkstellig. Moet nooit glo dat u sagmoedige Verlosser, wat die sterkte van u maag ken, dat Hy in daardie beker ʼn gram gif sal inmeng nie. Drink dan met die geduld van die heiliges, en die God van Geduld sal u liggaam seën.

Ek het gehoor Dame dat u kla van ʼn doodsgevoel, en ʼn gebrek aan die teenwoordigheid van die lewe van God; maar, wees sterk! Hy, wat in die tuin gewandel het, en ʼn geluid gemaak het dat Adam Sy stem gehoor het, sal ook met tye in u siel wandel, en maak dat u ʼn meer soete woord hoor – maar u sal nie altyd daardie geluid en teenwoordigheid van Sy wandeling hoor nie. U is in sulke tye net soos Jakob wat rou in die afwesigheid van Josef se veronderstelde dood, wanneer hy tog lewend was. Die nuwe wese, die beeld van die Tweede Adam leef in u; en tog rou u oor die veronderstelde dood van Christus se lewe in u. Efraim kla en rou, wanneer hy dink God is ver verwyder en hoor nie. Jer. 31: 18 Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ‘n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. Tog is die Here soos ʼn Bruidegom, wat agter ʼn dun muur staan, en die versugting hoor, want Hy sê vir homself, “Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag” Ek het goeie vertroue Madame, dat Christus Jesus, wat u siel tussen berge en dale soek, tog binne in u is; en tog praat ek nie so om slegs ʼn kussing onder u hoof te lê nie, of om u heilige vrees weg te neem dat Christus u ontneem sal word nie, of om die Geliefde deur sonde na te kom nie. In geestelike sekerheid weet ek dat die Duiwel sal inkom soos met alle goeie werke, en skreeu, “Half myne!” en sodoende probeer om u onder ʼn vreesvolle slaap te hou, totdat Hy, wat u siel bemin, weggaan van die deur, en ophou klop; en juis daarom, hou die Gees van God u sielsvoete hier in die goue middeweg, tussen die sekerheid van berusting in Christus se arms, en die valsheid van die lomerige slaap in die bed van vleeslike sekuriteit. Daarom, waardige dame, maak nie staat op uself weens u eie sondige lomerigheid nie, want u maak nie staat op God se onveranderlike genade nie; want daar is baie Christene wat soos jong matrose, dink dat dit die kuslyn en die hele land is wat beweeg, wanneer dit die skip en hulle self is wat beweeg; net so is daar min wat hulle verbeel dat God beweeg, en seil, en plekke verander, want hulle lighartige siele is onder seil, en onderwerp aan verandering, aan die vloei en terugtrek van die gety – maar die fondament van die Here is vir ewig. God weet wie sy eie is. Stoei, veg, gaan voort, wag, waak, vrees, glo, bid; en dan het u al die onfeilbare kenmerke van een van die uitverkorenes van Christus binne in u. (die gebeure en betrokkenheid van God se Raadsbesluit vir die mens is God aan die stuur en roer van die mens se bootvaart oor die see na hawens van rus en vrede, deur storms en rowwe see. Ons is nie aan ons lot oorgelaat in ʼn sogenaamde Determinasie nie waar ons hulpeloos rond dobber en alles rondom ons verby beweeg nie.)

U het nou, madame, ʼn siekte voor u; en ook na dit, ʼn dood wat wag; versamel nou voedsel vir die reis wat voorlê. God gee vir u geestelike oë om iets anderkant die dood te sien. Ek het geen twyfel daaraan dat indien Hel tussen u en Christus was nie, soos ʼn rivier wat u moet oorsteek om by Hom te kom, dat u gewilliglik u voet in die water sal plaas om die rivier oor te steek om by Hom te wees, met die hoop dat Hy u in die diepste deel tegemoet sal kom en u te hulp te kom. Nou glo ek dat u hel opgedroog het en dat u net twee klein stroompies het om oor te steek, siekte en dood om te oorkom; en u het ook ʼn belofte dat Christus meer sal doen as om u te ontmoet, selfs, dat Hy self sal kom en u voetjie vir voetjie begelei, ja, en u in Sy arms dra. EN DAN! O DAN! Vir die vreugde wat voor u is, vir die liefde vir die Man (wat ook God is, vir ewig geseënd is) wat op die oewer staan om u te verwelkom; hardloop dan u wedloop met geduld. Die Here is met u. Die Here sal nie dat u, of enige van sy diensknegte, die lewe veruil vir iets boser nie. Dood beslaan beide die siel en die liggaam, maar vir God se kinders word die grense van die dood oorbrug, en in ʼn nouer band verhandel: sodat wanneer u tot sterwe kom, sal slegs ʼn deel van die dood u aangryp, of anders gestel; die mindere deel van u sal sterf, en dit is, ontbinding van die liggaam: want in Christus is u verlos van die Tweede Dood; en, daardeur, soos een gebore uit God, sonder enige sonde gedoen, (alhoewel ons nie kan lewe en nie sondig nie,)en daardie Slang sal slegs u aardse deel eet – as vir u kosbare siel, die is verhewe bo die wet en die dood. Dit is vreesaanjaend en gevaarlik om ʼn skuldenaar en dienskneg vir die sonde te wees; want met die sondeskuld sal u nie in staat wees om God te behaag nie, behalwe dat Christus u sondeskuld betaal het.

Bemoedig u man, u broer, en diegene wat vir u respekteer en waar u invloed het, om staande te bly aan die Here se sy teenoor Baal. Ek het goeie vertroue dat u man die vrede en voorspoed van Sion bemin. Die vrede van God wees met hom vir sy werk om ʼn kragtige bediening in die land te stig.

Dus, onwillig om u, liewe dame verder uit te put, gee ek u aan die genade van God wat in staat is om u te bewaar dat u nie faal nie. Die Here Jesus wees met u gees.

U dienskneg, in al die gehoorsaamheid aan Christus,